Kommissie wil dieselfiltermaatskappy beboet vir beweerde samespanning

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die Mededingingskommissie het ʼn vervaardiger van dieselfilters vir vervolging na die Mededingingstribunaal verwys weens beweerde teenmededingende optrede.

Ibiden Company Limited (Ibiden) word aangekla van prysvasstelling en dat hy die Mededingingswet oortree het deur saam te span om te tender in die mark vir die vervaardiging en verskaffing van dieselfilters aan die vervaardigers van egte onderdele.

Die saak hou verband met ʼn ondersoek wat die kommissie tussen 2012 en 2017 gedoen het, wat bevind het dat Ibiden en NGK Insulators Incorporated (NGK) ʼn ooreenkoms gehad het om die mark vir dieselfilters tussen hulle te verdeel.

Die onderdele word gebruik in die uitlaatstelsels van voertuie met dieselenjins.

Ibiden en NGK het in 2004 ooreengekom om saam te werk wanneer dit kom by tenders wat General Motors en Ford beskikbaar gestel het.

Die kommissie het gesê ingevolge die ooreenkoms sou tenders van General Motors aan NGK toegeken word, terwyl Ibiden dié deur Ford sou kry.

Die kommissie het die tribunaal gevra om ʼn administratiewe boete van 10% van Ibiden se jaarlikse omset op te lê.

Hy het nie vir ʼn boete teen NGK gevra nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pik ·

Dink daar is nog baie ander wat ondersoek moet word dink sement is ook maar n boetie boetie storie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.