Kompetisietribunaal bevestig boetes vir Covid-19-prysverhoging

Dis-Chem is een van die maatskappye wat daarvan beskuldig is dat hulle pryse onregmatig verhoog het (Foto: Henk Kruger/Cape Argus via ANA)

Die Suid-Afrikaanse mededingingstribunaal het ʼn skikkingsooreenkoms bevestig waarvolgens maatskappye, wat tydens die Covid-19-pandemie onregmatig pryse op onder andere gesigmaskers verhoog het, ʼn boete sal betaal.

Die Mededingingskommissie het Woensdag die besluit deur die tribunaal bevestig, Dit kom ʼn week ná die kommissie die saak verwys het toe ʼn ooreenkoms met die verspreider MATUS bereik is.

Die kommissie is een van drie onafhanklike statutêre liggame wat aangestel is om mededinging tussen maatskappye in Suid-Afrika te reguleer, en gemoeid is met die ondersoek en goedkeuring van samesmeltings en oornames asook sakepraktyke wat teen-mededingend mag wees. Die tribunaal tree as die hof op. ʼn Derde agentskap, die mededingingsappélhof, hoor appèlaansoeke aan teen besluite wat deur die tribunaal gemaak is.

Sedert ʼn nasionale ramptoestand in Maart afgekondig is, het die kommissie ʼn paar verskaffers, insluitend apteke, beboet vir die verhoging van pryse van items wat as persoonlike higiëniese produkte beskou word om verbruikers teen die virus te beskerm.

Die kommissie het Woensdag gesê Matus, wat takke in groot stede oor Suid-Afrika heen het, het erken dat hy winsgrense verhoog het, wat betref die verkope van gesigmaskers.

“Matus het ingestem om ʼn administratiewe boete van R5,9 miljoen te betaal, en R5 miljoen aan die regering se Solidarity Fund. Die maatskappy sal ook, met onmiddellike effek, sy winsgrens verminder tot aanvaarbare vlakke vir die res van die nasionale ramptoestand.”

Matus het ook onderneem om seker te maak dat, so lank as wat produkte as noodsaaklik beskou word kragtens gesondheidskrisisriglyne, dat sy winsgrens nie verhoog sal word bó vlakke wat op 16 Februarie 2020 van krag was nie.

Ander verskaffers wat gepenaliseer is, sluit hardewarewinkels en apteke in wat hoë pryse gehef het op gesigmaskers en handontsmettingsmiddels. Die kommissie het gesê talle van die handelaars wat beboet is, het die betrokke produkte voor Maart verkoop.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael 1 ·

Ek is hier in n tweestryd, ja dit was verkeerd en die boete is geregverdig wat van die regering ons betaal meer vir elektrisiteit agv hulle skuld wat betaal moet word ons betaal meer vir petrol agv die onaanvaarbare heffings omrede hulle nie bevoeg is om n land te regeer nie
Wie moet hiervoor beboet word?

Fedup ·

What i just don’t understand is why does the government’s fund get 5mil. To do what with? Never mind. That was rhetorical.

Elméne ·

My question as well!! This current government is milking EVERY cow that comes along?

Cherokee ·

Waar word dit gerapporteer? R450 vir 5 liter handreiniger is ongehoord. Nadat ek 10 liter daarvan gekoop het, word dit uit ander oorde aangebied teen R200 en minder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.