Konsepwet gee staat mag oor olie en gas

(Argieffoto)

ʼn Belangrike wetsontwerp oor die toekomstige regulering van Suid-Afrika se potensiële olie- en gasreserwes is in die Staatskoerant gepubliseer en die publiek het tot 21 Februarie om daarop kommentaar te lewer.

Die lomp benaamde Wetsontwerp op die Antisipering van Petroleum-hulpbronne bepaal in sy huidige vorm dat sowat 20% inspraak in en inkomste uit enige ontginning van olie en gas in Suid-Afrika (insluitend gebiedswaters) die staat sal toekom, en dat swart ekonomiese bemagtiging 10% van die voordeel moet trek.

Daar is ʼn sterker wordende mening dat die konsepwetsontwerp baie gaan moet verander as dit beleggings in Suid-Afrikaanse hulpbroneksplorasie wil lok. Soos die konsepwet tans daaruit sien, sal private maatskappye 30% van potensiële wins moet wegteken aan die staat en ʼn bemagtigingsvennoot wat weinig bydrae sal lewer tot die dekking van die enorme risiko van ʼn oefening wat omvattende waagkapitaal sal benodig.

Suid-Afrika was weens ʼn gebrek aan bewese tersaaklike hulpbronne nie in die verlede (met die uitsondering van beperkte sukses deur Soekor in die apartheidsjare) ʼn groot faktor in die olie- en gasbedryf nie. Dit het egter verander sedert die aanduidings van gasreserwes in die Karoo en die bevestiging van die bestaan van reserwes in die Brulpadda-kom in gebiedswaters naby George in die Wes-Kaap.

Belegging en uitbreiding van ontwikkelingsmoontlikhede in die twee gebiede word tans teruggehou deur geografiese, beleids- en wetgewingskwessies.

Geografiese kwessies wat ontginning verhoed sluit in die debat oor die toepaslikheid en moontlike gevaar van hidrobreking vir die Karoo se grondwaterbronne, en die sterk seestrome in die Brulpadda-kom.

Beleidsgewys word aan die een kant aangevoer dat Suid-Afrika moet verseker dat die algemene bevolking meer voordeel trek uit die ontginning van olie en gas as wat tot dusver dikwels in Afrika die geval was. Aan die ander kant maak die wêreldwye neiging na skoon en hernieubare energiebronne dit minder waarskynlik dat beleggers geld gaan waag op die eksplorasie van fossielbrandstowwe. Dit beteken dat beleggingsmoontlikhede so aantreklik moontlik gemaak moet word vir die ekonomiese voordele daarvan om tot voordeel van Suid-Afrika te wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Michael ·

Die “staat” stuur af op volslae kommunisme, maar steeds sit ons stil en wag vir beter dae. Geen volk kan so fatalisties-passief wees soos Suid-Afrikaners nie.

Willem Grobler ·

Nou lê hulle 10% swart aandeelhouding in toekomstige ontgunning in wetgewing vas! Hoe is dit anders as apartheid?

Anoniem ·

Ek stem saam Willem, dit is rassediskriminasie op die boonste vlak en teen die grondwet.

C VL ·

Miskien moet die staat ‘n eenmalige omvattende sosialistiese wetsontwerp publiseer en klaarkry. Dan skrik ons almal wakker. Ons sit en kyk hoe dinge vinnig gebeur- die waarheid reg voor ons. En kla net.

Pieter ·

Ons blankes het nie ore nie broer ons weet nie hoe om standpunt in te neem nie al wat ons goed kan doen is kla en intussen val als uit mekaar

Basjan ·

Wat my dadelik opval is die sinnetjie: “en dat swart ekonomiese bemagtiging 10% van die voordeel moet trek.”
B-BBEE
Bribe-Based Black Elite Enrichment.

Basjan ·

Ek het in ‘n artikel (op Facebook) gelees dat een van die moontlike oorsake van die erge veldbrande in Australië die onoordeelkundige toepassing van hidrobreking kan wees. Dit kan gevolg hê dat die ondergrondse watertafel versteur word wat op sy beurt die natuurlike voorsiening van water aan sekere gebiede kan benadeel. Gaan die regering hierdie moontlikhede in ag neem? (Ek vra namens ‘n vriend.)

Heksie ·

Volgens berugte is die brande in OZ veroorsaak deur skaligas ontploffiing … nou wil die regering die gemors hier ook toelaat.
Shell was die voorlooper hiervan, so ek ondersteun hulle gladnie …

Christo ·

Wat help dit om die publiek kans te gee om op die wetsontwerp te reageer? Die “regering” het klaar die besluit geneem en geen kommentaar gaan hulle van plan laat verander nie. Van demokratiese besluitneming is daar nie meer sprake in SA nie…..

Madeleine ·

Begin van laasjaar was daar n hofuitspraak dat geen skaliegas ontginning in Suid-Afrika ontgin mag word nie. Agri SA het die betrokke maatskappy hof toe gevat. Nou hoe kan die Regering dit toelaat as daar ‘n hof uitspraak was om dit stop te sit. Ek bly ook nog in die die Karoo. Land het nie eers water nie, nou wil hul die wat oor is kom vergiftig. Tipies kommunis dink net aan homself.

Michael P ·

Michael jy is reg en kommunisme het net vlam gevat toe C R oorgevat het.

JMC ·

Gerugte wat meer as 10 jaar gelede al in Time gepubliseer was wou dit hê dat onderwater prospekteerregte aan die weskus reeds aan die grootste oliemaatskappye verkoop is maar geen prospektering vind plaas nie omdat die regering nie ‘n sent wil bydra nie tot die ontginningskoste en dat hulle ‘n groot persentasie van winste eis in die toekoms. In elk geval, Total het ongeveer ‘n jaar gelede gas minder as 200 km van ons kus ontdek maar ‘n analis het toe al gesê daar sal nie veel van kom voor die regering nie met ‘n definitiewe plan vorendag kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.