Kontrakte gestaak ná glas in skoliere se kos

Argieffoto.

Argieffoto.

Die kontrakte van twee maatskappye wat kos aan die nasionale skoolvoedingskema in Limpopo verskaf het, is gestaak nadat daar onlangs klippe en glas in die kosvoorraad gevind is.

Nagenoeg 300 leerlinge van sekere skole in Limpopo moes mediese behandeling ontvang nadat hulle in September en Oktober besmette kos van die voedingskema geëet het. Die leerlinge is behandel vir diarree, lighoofdigheid, naarheid en krampe.

“Die kontrakte met Amandla Karabo en Dingatana is dadelik gestaak nadat hulle aan die kosbesmetting verbind is,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van onderwys, gesê.

Die departement het ʼn volledige ondersoek ná die voorval van stapel gestuur en bevind dat Amandla Karaba nie aan die vereistes vir staatskos voldoen nie en dat hul pakhuis in ʼn haglike toestand is.

Dingatana se kontrak is gestaak omdat die departement nie die maatskappy se direkteur in die hande kon kry nie en daar nie ʼn straatadres vir die maatskappy bestaan nie.

Mhlanga het gesê die departement gaan die polisie betrek om die voorval verder te ondersoek en moontlik kriminele aanklagte aanhangig te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ai tog ·

Die is weer tenders wat toegeken is aan mense wat tjo-tjo moes betaal het om dit te kry sal alles doen solank ek net die tender kan kry. Groothartigheid/jaloesie het ingesluip tussen die 2 “maatskappye” en so saboteer ek jou besigheid om nie meer kos te verskaf aan die skole nie. Walglik om daaraan te dink en so word die kinders se lewe in gevaar gestel deur ‘n idioot se handewerk

alet ·

Dankie vader dit was nie toegeken aan ons blankes anders het hulle die mense aangekla van massa moord .Gee die kontrakte weer vir julle mense hulle is mos die enigste wat kan omsien na ander

CAV ·

In kort. Nòn n BEE transaksie wat nie werk nie, ongelukkig ten koste van onskuldig kinders se gesondheid. Hoop kinders herstel

Ghost ·

Sien sulke besigheid daagliks in die staatsdiens. Kon nie tender nie maar doen dan en kan dan nie die diens lewer nie.
Kan net nie sien dat n mens n tender kan verskaf en jy gee nie eers n adres op nie. Dis duidelik iets wat weer onder deur die tafel gebeur het.

annatjie ·

Ai! Hoe siek is die mensdom nie. Dis honger kinders wat gevoed moet word, nie massamoord wat gepleeg moet word nie. Arme onskuldige kinders,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.