Kontrakte vir drie windplase gesluit

(Argieffoto: EdWhiteImages/Pixabay)

Die regering het kragkoopkontrakte onderteken vir die ontwikkeling van drie windplase in die Oos- en Noord-Kaap.

EDF Renewables is die ontwikkelaar van die drie windplase – Coleskop Wind Power, San Kraal Wind Power en Phezukomoya Wind Power – van 140 MW elk.

Die Coleskop-projek is naby Middelburg in die Oos-Kaap, terwyl die San Kraal- en Phezukomoya-windprojekte naby Noupoort in die Noord-Kaap geleë is.

Die verwagte konstruksietydlyn is 24 maande en die nuwe opwekkingskapasiteit behoort teen die einde van 2024 aanlyn te wees.

Die algehele beleggingsbedrag vir hierdie projekte is ongeveer R11 miljard, waarvan R7,8 miljard skuldfinansiering is.

Die drie projekte sal na verwagting 2 230 werksgeleenthede skep en ʼn bedrag van R543 miljoen is geoormerk aan vaardigheidsontwikkeling, verskafferontwikkeling, ondernemingsontwikkeling en sosio-ekonomiese ontwikkeling.

Volgens Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, voer hulle samesprekings rakende die 22 ander projekte wat ook in Oktober verlede jaar in bodronde 5 toegeken is vir die finalisering van die opskortende voorwaardes om die ondertekening van die projekooreenkomste moontlik te maak.

Dié groenkragprojekte behels windkrag van sowat 1 600 MW en sonkrag van sowat 1 000 MW.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Sandra ·

Hou op tyd mors met windplase, daar is meer as genoeg sonlig in ons land, maak liewer sonplase met plate en plate sonpanele. Dit is vinniger as windlawaaiers wat eers krag trek voordat dit opwek. Ek wil my ook verstout om te sê dat sanpanele goedkoper as die turbines is, as ek verkeerd is, dan is dit maar so. net my 2c

Antie Sarie ·

Of hulle moet ophou lieg oor die werklike oorsaak. Maar dit sal nooit gebeur nie

Pierre ·

Daar moet n balaans gehandhaaf word met hernubare energie verskaffing, jy kan nie al die eiers in een mandjie sit nie, daar is groot sonplase geskudeleer vir Mpumalanga en later vir die Noord Kaap

Buzz711 ·

Onthou die probleem met son panele is dat dit net werk in die son. die energie moet gestoor kan word om in die aand te gebruik, en dis waar die groot probleem is. wind krag werk solank die wind waai, dag of nag. Ek het nie veel vertroue op enige een as dit by groot skaal kom nie. Duitsland is n voorloper vir groen energie en smeek tans vir kool en gas.

Jakkie ·

Moet gou maak die KOO fabriek in Ashton gaan heel moontlik sluit

Kokerboom ·

Die idee is puik. Ongelukkig is korrupte ANC regime betrokke. Stel by voorbaat ‘n forensiese moniterings funksie in werking…NIE regering.Met Mantashe betrokke flikker rooi ligte!

Anonymouse ·

Ek stem. Ek sit nou net die artikel en lees en bly dink: asseblief, asseblief moenie dat dit ook nog in ‘n flop en geldput ontaard, wat net party mense nog ryker maak. Ons kan nie so aanploeter nie, maar niemand het meer vertroue in die regereing om iets reg te doen nie

Kokerboom ·

Regering MOET wegbly van ENIGE kapitaalprojekte… dis bedroggedoem al by gedagte!

kaplyn ·

Ja en dit klink vir my of die windplase almal BEEEE is. Die bedrag van R11 miljard word genoem en dit sal seker net in die BEEEE projekte gedruk word. Die boere moet nie eers daaraan dink om son of windplase te begin nie. Dit sal nie by hulle gekoop word nie.

domheks ·

Regtig – eers oor twee jaar? My sonpanele binne 3 dae klaar ge-installeer deur 3 mense! Klaar van die ‘grid’ af.

Francois ·

Daar ‘n effense verskil in ‘n sonpaneel installasie by ‘n huis en die bou van ‘n windplaas met 45 turbines wat elk 120m hoë toring het met rotor deursnit van 102m en geanker moet word op ‘n basis van amper 600m2. Dan nog die konstruksie van toegangspaaie na elke turbiene, paaie na die substasie, ondergrondse kabels wat gelê moet word, ens. oor ‘n area van 46 hektaar. Daarby nog die tyd wat dit gaan neem om al daardie oorgroot komponente van elke turbine na die plekke te vervoer.

Die bogenoemde syfers is gegrond op die besonderhed van die Boulders windplaas wat buite Vredenburg gebou word. Hierdie is ook ‘n 140MW fasiliteit.

Johann ·

En wat is die naam en aard en omvang van die persone wie se “maarskapye” aangestel is? Maw watter kader en kameraad kry hoeveel?

Klein Karoo Loper ·

Weet maar hoe duur gaan krag eendag wees a.g.v. hierdie tipe krag voorsiening. Mense wat vra vir groot sonpaneel plase weet ook nie waarvan hul praat nie. Ons vernietig groot oppervlaktes natuur en wat gaan ons met al hierdie tonne en tonne panele doen na 20 jaar. Hierdie mense maak geld op die kort termyn en dink nie aan die toekoms nie. Steenkool kragstasies het ons nodig vir die basiese krag voorsiening. Dit moet net optimaal bestuur word. Ons kinders gaan in “smart cities” bly met verwoeste natuur rondom hierdie stede soos al die flieks uitwys.

annie ·

Groot do en baie do-ers plus baie geld en ‘n bietjie opwekking eers oor 2 jaar… Maak dit eerder 5+ jaar. En al die vanne is vreemdes wat sekerlik nie ingenieurs is nie. Regstellende aksie doen nie ‘n fraksie van dit wat dringend nodig is nie, terwyl Eskom wankel. Gordhan en Mantashe, self regstellende aksie-helde, het ons land suur bekom, soos 2 kokke in die kitchen wat uiteindelik opdaag met aangebrande vleispasteie sonder sout. Die tamatiesous was ongelukkig ook op.

Manie ·

Internasionale maatskappy op papier, wat op hul beurt weer met SA maatskappy ooreenkoms gesluit het, net ‘n front.

Witbaard ·

Van die bestaande windplase se krag word slegs klein persentasies aangekoop deur eskom. Meeste van die tyd staan hulle doodstil.

Koos ·

Google dit, internasionale maatskappy het reeds 40GW installasies gedoen

Manie ·

Wat van die Franse maatskappy, lees met wie het hulle ‘n ooreenkoms aangegaan.

BARNEY ·

Wat van die klomp windplase wat reeds best aan in die Oos Kaap????

Jacques ·

Gaan die windplase 24/7 wagte en hoë heinings hê? Al word dit op afgeleë plekke gebou, gaan dit seer sekerlik steeds ń trekpleister Vir diefstal wees ? Nes eskom bates. Begroot maar vir díé verliese.

Delia ·

EDF Renewables in SA, lees ek, is subsidiary van EDF in Frankryk. Hoop nie n klomp geld gaan landuit en weer terug in kaders se sakke.
Wil ook graag die Raad van die Maatskappy sien. Is daar geen company wat net in SA betrokke is wat ook die werk kan doen nie.
Help my reg as ek die pot hier mis sit asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.