Koronavirus: DA kon glo nie lughawe-toetse ondersoek nie

OR Tambo- internasionale lughawe (Foto: ANA/verskaf)

Die Demokratiese Alliansie het Maandag gesê die party is “verhoed” om die skanderingsfasiliteit vir die nuwe koronavirus (Covid-19) by die OR Tambo-lughawe te ondersoek.

Siviwe Gwarube, die DA se skaduminister van gesondheid, voer aan hy het die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) en die gesondheidspan by OR Tambo gekontak om die doel van die besoek te verduidelik. Die DA wou ondersoek instel oor die protokol wat in plek gestel is, watter persone geïdentifiseer word vir skandering, die toerusting wat gebruik word en die doeltreffendheid daarvan.

“As ʼn lid van die portefeuljekomitee oor gesondheid, is dit sinvolle inligting om seker te maak dat die persone wat ons grootste grenspos betree, voldoende geskandeer word,” het Gwarube bygevoeg.

“Ek is intussen in kennis gestel dat die besoek geblokkeer is en dat toestemming verkry moet word van die minister van gesondheid. Buiten die feit dat ek nie toestemming van die minister benodig nie, wou ek met hom kontak maak om die kwessie te bespreek, maar hy was nie beskikbaar nie en het opdrag gegee dat ek geblok word.”

Volgens Gwarube sal die parlement vandeesweek die stand van gereedheid bespreek vir die Covid-19-uitbreking en die terugkeer van 150 Suid-Afrikaners van Wuhan, China. “Die inligting is dus ook noodsaaklik vir dié debat.”

Dr Lwazi Manzi, woordvoerder van die departement van gesondheid, het intussen gesê die gesondheidminister dr. Zweli Mkhize verwerp die DA se “sensasionele verklaring” dat LP’s verhoed is om die koronavirus-skanderingsfasiliteit by OR Tambo te besoek.

“Die minister is die afgelope week in kennis gestel dat verskeie lede van die parlement, insluitend die DA, versoek het om die skanderingsfasiliteit by OR Tambo- internasionale lughawe te ondersoek. Hy het dadelik kontak gemaak met die voorsitter van die portefeuljekomitee, dr. Sibongiseni Dhlomo, om hom te help om ʼn groepsbesoek te reël vir alle LP’s wat belangstel,” het Manzi verduidelik.

“ʼn Groepsbesoek sal verhoed dat die inspeksies stuk-stuk gedoen word wat die daaglikse bedrywighede kan ontwrig. Daar moet in gedagte gehou word dat gesondheidspersoneel by die grenspos groot getalle besoekende reisigers moet hanteer en nou ook meer paraat moet wees om inspeksies te doen, passasiers se antwoordstelle te ontleed om die risiko te bepaal, en elke passasier aan boord se koors te meet voor hulle afklim,” het hy bygevoeg.

“Indien ʼn passasier geïdentifiseer word wat verder ondersoek moet word, moet alle passasiers, wat naby aan dié persoon gesit het, ook geïdentifiseer en getoets word. Dit plaas dus ʼn ekstra las op die grondpersoneel. Alle Suid-Afrikaners, veral openbare verteenwoordigers, moet dus dié abnormale omstandighede in gedagte hou.”

Volgens Manzi is die DA se verklaring opportunisties en skep dit “verwarring tydens ʼn sensitiewe periode terwyl alle Suid-Afrikaners veronderstel is om hand-aan-hand te werk om seker te maak dat ons ons gereedheid verbeter om enige infeksierisiko vir die koronavirus te verlig”.

Manzi het gesê die departement benadruk sy toewyding tot deursigtigheid deur inligting oor verwikkelings en voorbereiding bekend te maak, soos wat hy reeds sedert die uitbreek van die koronavirus gedoen het.

“Die DA en ander LP’s sal in kennis gestel word van ʼn datum wanneer besoek afgelê kan word soos gereël deur die voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid. Die departement van gesondheid sal LP’s ondersteun om hul oorsigtelike rol te vervul.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Kruger ·

Die besoek is verhoed om te keer dat ons sien hoe onvoorbereid ons regtig is.

Spekkies ·

Ek was Vrydag en Maandag by OR Thambo & King Shaka. Nerens is ons “geskandeer” nie.

Kompas ·

Ek glo nie binnelandse vlugte word geskandeer nie. Slandering slags vir passasiers op buitelandse vlugte..

Sean ·

Slegs by internasionaal is daar tv monitors wat temp scan maar dis onbeman

Leon ·

Die DA moet eerder die hawens aan die kus besoek en kyk hoe gereed hulle is en hoe hulle toetse doen.

Grens ·

Ag asb, die DA soek nou net aandag. Wat het hulle daar uit te waai. Dit is nou net om die kameras op hulle te kry. As ek daar in beheer was sou ek hulle ook weg gejaag het. Wat gaan hulle nou eindelik ondersoek. Is hulle op hoogte van hoe die tegniese stelsels in elk geval werk.

Madz ·

Grens…. besef jy werklik die IMPAK op SA as die Virus wel ons land betree….? Ek DINK nie so nie. Enigste “grens” wat daar gaan wees is die “grens” van trane en tandekners…. Wakker word!! Ek is ook glad nie ‘n DA-Fan nie maar at LEAST probeer hul ‘n massa-slagting verhoed. Dis mense soos jy en ons liewe regering wat nou weer net die “concern” van DA se kant af omdraai en afmaak as sensasie. Ek hoop en bid dat die onskuldiges gespaar sal word van verskriklike virus.

Anoniem ·

As hulle niks het om weg te steek nie, hoef hulle mos nie so verdag op te tree nie?

Leonora ·

Grens, hulle probeer darem iets doen- pro aktief sou een van jou familie lede of jyself die virus kry, sal jy vra hoekom niemand seker gemaak het die virus kom ten minste nie maklik by die lughawes deur nie. Gebruik jou gesonde verstand dan sal jy verstaan wat hulle daar uitwaai. Duh?

marius ·

Twee anti histamine en ‘n voltaren inspuiting . Dis hoe gereed hierdie spul is .

Johan ·

Die hemele behoed ons sou die Covid-19 virus ons land tref!! Hierdie hulpelose, misdaad-geinfekteerde landsregeerders gaan NIKS doen om ons te beskerm nie. Hierdie is elkeen vir homself……..

Shellie ·

Dis Waar Johan,

Ek werk vir ‘n medise fonds en ons kan nêrens eers maskers kry nie, ons land is GLAD nie gereed vir die ding nie.

SomeOne ·

acsa het nie tegnolgie in plek om toetse te doen nie, hulle sal moontlik van ‘n koorspennetjie gebruik maak, so as 1 geval in suid afrika kom kan ons verseker wees die dodetal sal ver bo die RES, in totaal, van die wereld wees

Sean ·

Nou wat steek hulle weg??? Seker onbekwaam en onbevoeg behalwe dat jy vanaf n internasionale vlug direk in suid afrika kan instap Daar is wel een monitor wat jou temperatuur toets op n tv skerm maar dit word nie gemonitor nie

Andrè ·

Hulle gebruik heel moontlik ‘n spoedkamera sonder opleiding. Nou sukkel hulle seker om boetes uit te werk.

netekalleen ·

Soos alles ander goed in die land gaan daar seker maar weer ongeruimdhede met dit ook wees

Frederik C ·

As Covid opdaag, sal medici ook seker aangesê word om ” longontsteking ” op die doodsertifikate te skryf, soos met HIV.

NetM ·

Ek stem hier saam met die departement. DA was nou weer op soek na fout. En sensasie. Nou reel dan ‘n groepsbesoek vir al die lp’s om hulle gerus te stel. Die apparate het mos nou nie net uit die lug geval duskant nkandla nie.

Leonie ·

Duidelik werk die masjiene nie reg nie en dis hoekom hulle nie mag ondersoek instel sie. SA is so vêr agter as dit by sulke goed kom. Wonder maar net hoeveel mense is reeds in die land wat wel die virus het…. SA se mediese veld is in elk geval nie gereed om so iets te hanteer nie.

charmaine ·

Verhoed want daar is dalk niks om die skanderings te doen nie en daai geld is dalk met “vakansie?
Hierdie land sal nie eers weet as die virus ons tref nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.