Koue weer plaas druk op Jhb se kragnetwerk

beurtkrag-kers

Argieffoto.

Johannesburg se kragvoorsiener, City Power, sê hy het die getal tegnici verhoog in gebiede wat gereeld onder onbeplande kragonderbrekings deurloop.

Gauteng beleef die afgelope paar dae behoorlike bibberweer en die lae temperature gaan na verwagting nog ʼn hele paar dae lank voortduur.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het gesê die elektrisiteitsnetwerk is weens die koue onder groot druk en meer onbeplande kragonderbrekings vind plaas namate verbruik toeneem.

“Ons rus ons tegnici toe met genoeg onderdele en ander strategiese materiaal. Meer spanne is ook op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas, sodat hulle ontplooi kan word na gebiede waar onderbrekings ondervind word, of waar noodgevalle aangemeld is,” het Mangena gesê.

“City Power het ʼn gebeurlikheidsplan om sulke onderbrekings te pak en die grootste fokus is op gebiede wat herhaalde kragonderbrekings in dieselfde dag of week ervaar. City Power het ook hulpbronne geprioritiseer in gebiede waar daar reeds kapasiteitsprobleme is.”

Volgens hom het tegnici reeds werk gemaak om gedeeltes van die netwerk wat herhaaldelik probleme gee, te herstel en onderdele te vervang.

“Die deurlopende monitering van die netwerk, onderhoud en inwerkingstelling van nuwe tegnologie vorm deel van ons pogings om die aantal kragonderbrekings wat ons kliënte raak, te verminder.”

“Die sukses van die pogings om kragonderbrekings te verminder, hang egter nie net af van City Power nie, ons doen ook ʼn beroep op inwoners om elektrisiteit spaarsaam te gebruik,” het Mangena gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thomas ·

Kan nie help om te wonder hoe Europa staande bly nie. Ons winters is hul somers. Jip, ons kry koud teenoor hul grade, maar, en met respek, God help ons verbruikers as die temperatuur met nog ‘n graad val.

Cherokee ·

Kan nie help om te wonder hoe enigeen Kaapstad toe kan trek nie. Hul voorspelde maksimum vir more is 2° warmer as ons minimum vir vannag.

Hanna Hoekom ·

Die berig moet eerder lees: “Soweto plaas druk op Jhb se kragnetwerk” Dit is meer nader aan die waarheid, ongeag die seisoen!

GM ·

Die koue weer word blameer, maar dis die onwettige aansluitings wat die probleem is.
Toe ek nog op skool was, was temperature dikwels -6 (soms nog laer) in die oggende, en daar was geen, maar geen kragonderbrekings gewees nie. Ek wonder wat het verander…

KlaasVakie ·

Asof winter nie koud is nie nê. Eskuus eskom ek’s dom astrant vanwaar kalant. So iets, koop kerse.

Swanna ·

Die nuwe woord in hul woorde skat “monitering” dit is al wat hulle in elke geval doen niks anders. Die vierde paragraaf as ek dit lees rus hulle tegnici maar altyd en die onderdele weet ek nie of dit ooit gebruik word nie.

Ig ·

Daar is baie engineers wat moniteer, hy vat sy kosblik en sit dit op die engin neer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.