Kovsies kondig studentegeldverhoging aan

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Woensdag ʼn studentegeldverhoging vir 2017 aangekondig.

“Die raad van die Universiteit van die Vrystaat het die instansie se begroting vir 2017 goedgekeur tydens sy kwartaalllikse vergadering op 2 Desember, wat op die Bloemfontein-kampus gehou is,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê. “ʼn Algemene verhoging van 8% in klasgeld en 8% in behuising en koshuisfooie is goedgekeur.”

Prof. Nicky Morgan, waarnemende visekanselier en rektor van die UV, het gesê die gemiddelde fooie per program by die UV is in meeste gevalle die laagste wanneer dit teen ander vergelykbare universiteit gemeet word. Hy het gesê dit sal ook die geval wees in 2017, selfs ná die 8% verhoging in klasgeld.

“Die universiteitbestuur is bewus van die ekonomiese realiteite in Suid-Afrika, asook die finansiële druk waaronder huishoudings gebuk gaan. Die langtermyn finansiële volhoubaarheid van die UV, en die finansiële beperkinge wat onderrig en leer, navorsing en gemeenskapsdiens beïnvloed, bly van uiterste belang vir die raad,” het Morgan in ʼn verklaring gesê.

Die universiteit het gesê die goedgekeurde verhoging is kragtens die aanbevelings van Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, op 19 September vanjaar.

Die verhoging is goedgekeur met dien verstande dat dit deur die departement betaal sal word as ʼn aanpassingstoelaag vir kwalifiserende studente met ʼn gesamentlike huishoudelike inkomste van minder as R600 000.

“Die universiteitbestuur het op verskeie geleenthede al sy pro-armes-benadering vir studentefinansiering bevestig, en dat studente uit arm en werkersklasgesinne, wat dit akademies verdien, omvattende finansiële ondersteuning moet ontvang,” het Morgan bygevoeg.

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Maandag aangekondig sy fooie styg met 8% in 2017 kragtens die aanbevelings van die regering. Shirona Patel, woordvoerder van die universiteit, het in daardie stadium gesê die besluit oor die 2017-verhoging, is deur die raad goedgekeur ná ʼn gesprek met die verkose Verteenwoordigende Studenteraad. Die universiteit het ʼn verhoging beplan ondanks die #FeesMustFall-betoging wat onrus veroorsaak en tot gewelddadige betogings gelei het.

Die Noordwes-Universiteit het ook in November aangekondig dat ʼn jaarlikse verhoging van 8% in klasgeld en behuisingsfooie as deel van die begroting goedgekeur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ek wil nie snaaks wees nie ·

ouers wie se gesamentlike inkomste boR350 000 pa is, behoort na my beskeie mening met gemak varsity en kishuisgelde te kan bekostig. ek hetdit onlangs gedoen met minder. niemand hoef n luukse motor of groot huis te he nie.

Reinhardt ·

Ek sal nou nie sê met gemak nie, maar dit is wel doenbaar. Eerstejaar op Stellenbosch sal ‘n mens omtrent R50000 terugsit, en dit is slegs vir klasgelde. Koshuisgelde is dan bo op dit nog n helse bedrag, nog nie eers gepraat van kos en boeke nie.

Jean ·

Wits, Kovsies . almal gaan ‘n 8% verhoging aankondig nou dat die studente met vakansie is en nie die plekke kan afbrand nie. Wat het al die onderhandelinge en vandalisme en afbrand van geboue en biblioteke nou gehelp? Die bestuur het heeltyd voorgegee asof hulle na die studente luister en net toe hulle by die huis is kondig hulle die 8% verhoging aan. Hier wag nog GROTO MARAKKAS op al die Universiteite wanneer hulle volgende jaar heropen. Glo my Malema en Kie met hulle rooi T-hemde en Berets gaan nie toelaat dat julle hiermee wegkom nie, NOG ‘n studiejaar in sy kanon in.

Vic van Wyk ·

Die studente is nog nie huistoe. My dogter skryf Saterdag haar laaste vak (UFS) . Nou dié aankondiging……hoop als is rustig tot dan.

John ·

Studente uit die laagste inkomstegroep is meestal afkomstig uit plakkerskampe/afgelee gebiede/problematiese huishoudings of ander swart state waar onderrig/prestasie swak is en punte aangepas word. Hierdie veeleisende groep kry nou die meeste aandag en bystand en moet ook oorbruggingsklasse loop voor daar eers van studierigtings gepraat kan word. Universiteite het ‘n erge welsynstaak om te verrig selfs later tydens graadstudie. Ons praat van groot geld en baie werk. Punte-aanpassing rus swaar op die gewete van lektore want studente wat swak take inhandig en klasse bank hol gou na die dekane met klagtes oor rassisme en eis afdankings… Ja-nee, die koekoekspeletjie is beslis weer ‘n wenner in Kerskouse vanjaar. (Dit dra glo wel waarborge vanuit die boonste rakke…)

Donovan ·

John die lektore laat take wat saak maak vir jaar punte, die studente wat gaan pluk n gesaamentlike taak doen saam sterker studente en sodoende word die system gemanupeleer want die taak kry jy n groeps punt… Dus die sterker student doen gewoonlik die taak en die borsluis sit maar net aan die hond en rys saam op sy rug… lekker ne…

Theresa ·

Hul het mos hul sin gekry deurdat welaf gesinne nou die studies gaan dra vir al wat leef wat Universiteit toe wil stroom. Wat sou hul nou wil afbrand en verder rondspring en opdragte uitgee aan ‘n regering wat onvas staan?? Hoop hul lees ordentlik wat hul vermag het. Wonder net met al die toegifte aan sulke swak gedrag, wat die volgende afdwinging gaan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.