Kragtoring in Jhb val om

beurtkrag-gloeilamp

(Argieffoto)

Inwoners in die suidweste van Johannesburg het Maandag sonder krag gesit ná ʼn kragtoring omgeslaan het. Van dié gebiede se kragtoevoer is wel teen Dinsdagoggend herstel, maar die stad kan nie sê wanneer almal weer krag sal hê nie.

Volgens Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, het ʼn sterk wind die 88 kV-kragtoring tussen die Nancefield- en Nirvana-kragstasie omgewaai. Niemand is in die proses beseer nie.

“Ons het versoek dat ʼn ondersoek van stapel gestuur word aangesien ons glo die kragtoring is weens vandalisme verswak en het daarom so maklik omgewaai,” sê Mangena.

Nancefield, dele van Eldorado Park, Klipspruit-wes, Nirvana, Lenasia en die omgewing rondom die Trade Route-winkelsentrum en Lenmed Ahmed Kathrada- private hospitaal het Maandag sonder krag gesit.

City Power-spanne het Maandag met herstelwerk begin en die kragtoevoer na Nancefield, Eldorado Park en Klipspruit-wes is herstel.

Spanne werk nog om die kragtoevoer na Nirvana, Lenasia en omliggende gebiede te herstel.

“City Power kan nie sê wanneer al die herstelwerk voltooi sal wees nie. Ons vra om verskoning vir die ongerief.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Werner ·

Dink ons kan nou maar besef iemand is besig om Eskom te saboteur.Trokke begin ook staak.Dalk Natal 2 wat aan die kom is

Johnny ·

Daar is waarskynlik ‘n span saboteurs wat ESKOM saboteer. En hulle werk seker ook nog daar.

Kokerboom ·

Word beplande gereelde inspeksies nie op distribusienetwerke gedoen?

Vonkprop ·

Die nuwe woord vir geen instandhouding is nou vandalisme. As iets breek omdat dit na jare nie instand gehou is nie, sal nou op vandalisme blameer word. Magties maar our people is slim met woordspeling.

Pieter ·

Vonkprop, as dit egter ‘nkragmas is wat hier ‘n kragtoring genoem word, is dit net hulle verdiende loon. Hulle glo mos al die staal is nie nodig om dit te laat staan nie en verwyder dan die onderste gedeeltes om as skrootmetaal te verkoop om vir hul families te sorg, eerder as om eerlik geld te verdien deur daarvoor te werk. “Serves them right!”

Vonkprop ·

Ek stem Pieter. Het dit al met my eie oë gesien hoe lyk so struktuur wat die staal van verwyder is. Ongeluk wat wag om te gebeur.

Francois ·

Kokerboom, jy verstaan nie. As iets werk hoef dit mos nie ge-inspekteer te word nie en onderhoud hoef ook nie gedoen te word nie – dit werk dan of staan dan nog…

Pietertjie ·

Van daai kragpale lyk of hulle besig is om uitmekaar te roes. Geen instandhouding die afgelope dertig jaar nie.

Waarnemer ·

Hoekom verbeel ek mhy dat die ANC geleide JHB stadsraad nbelofte gemaak het dat daar geen krag onderbrekings in JHB sal plaasvind nie?En nou kan hulle nie hulle woord gestand hou en gee die wind die skuld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.