Krejcir se ontsnappingsplanne gefnuik

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die polisie in Gauteng het glo die Tsjeg Radovan Krejcir se planne om te ontsnap, gefnuik ná ʼn klopjag op sy sel, berig Eyewitness News.

Volgens EWN het die polisie in sy sel by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria beslag gelê op verskeie items, waaronder ʼn 9 mm-pistool, ʼn pepersproeiwapen, ʼn mes en 10 selfone.

Krejcir is vroeër skuldig bevind op aanklag van ontvoering, dwelmhandel en poging tot moord. Die vonnisoplegging is tot 12 Oktober uitgestel.

Die departement van korrektiewe dienste het nog nie kommentaar gelewer nie.

Lees alle vorige berigte oor Radovan Krejcir op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

CHRISTA ·

Hoe het al daardie items hom bereik? Hy moes hulp van binne gekry het!

ESSY ESTRUIS ·

Baie maklik, die tronke is nou al soos inkopiesentrums. Die bewaarders is nie almal lojaal teenoor die publiek, wat nog van die regering?

Winston ·

Dis waarom daar nog geen kommentaar is nie Christa. Helpende hand. Vat met die hand en gee met daai hand. Dis nie n probleem om mense te manipuleer in n tronk nie. Geld is die oudste

Marcel ·

Die tronke is nie meer die plekke wat hulle veronderstel is om te wees nie. Vra die waterkloof 4. Hulle hou te heerlik partytjie!

Gert ·

Ek is al 38 jaar lank n lojale Korrektiewe Beampte maar hierdie tipe nuus is regtig ontstellend. Die publiek moet net weet dat daar nog baie lojale Bewaarders is!!!! Mag die skuldiges vasgetrek word!!!!

Gerhardt ·

Dankie vir jou werk Gert. Ten minste is die items ook in die tronk uitgesnurffel wat wys daar is darem mense wat werk daar of … iemand het hom gehelp en toe sommer verklik ook hehehehe! Ek kyk nou weer Vyfster en die tronklewe is darem iets anders.

Peet Schabort ·

Ander berigte sê dis Zonderwater. Hy wou seker gaan kyk hoe lyk sy plekkie (daar waar die vuur was en syne nie afgebrand het) langs die Vaalrivier naby Vaalpark, Vrystaat.

Betsie ·

Dis nie die eerste poging nie, ek verstaan dis die vierde keer wat hy dit probeer. Hoekom is hy nie konstant in voetboeie nie, en hoekom plaas hulle hom nie oor Kokstad toe nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.