Kroonstad-polisie ondersoek saak van moord

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Kroonstad in die Vrystaat het ʼn groot ondersoek van stapel gestuur ná die gewelddadige moord op ʼn 66-jarige man in Wilgenhof.

Maroela Media verneem ʼn 78-jarige familielid was na die man op soek. Hulle kon nie met hom kontak maak nie en het vriende gevra om saam met hulle ondersoek in te stel. Met hul aankoms het hulle gesien die diefwering is oopgebreek en die deur en veiligheidshek staan oop. Dit is toe dat die polisie en nooddienste ontbied is.

“Die polisie is Maandag omstreeks 16:00 na Wilgenhof ontbied toe die liggaam van ʼn man met diep wonde aan sy kop aangetref is,” sê sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder van die polisie.

Beamptes het opgemerk die diefwering is oopgeforseer en skuifdeur is beskadig en het oop gestaan. Die oorledene het in ʼn plas bloed gelê. Nooddienste het die man op die toneel dood verklaar.

“ʼn Grootskaalse soektog is na die verdagtes van stapel gestuur. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Papsak ·

Ja weereens polisie doen nie hulle werk nie weerlose wreed asn geval loop lekker los

Marcello ·

En waar gaan die Polisie hulle kry??, dit gaan maar net nog ‘n statestiek raak. Daar was ‘n paar jaar terug ‘n geval waar ‘n bejaarde dame in ‘n aftree-oord in ons dorp vermoor is, tot vandag toe is die skuldige nog vry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.