KSA gaan o. 19-kaptein se Israel-uitlatings bespreek

David Teeger

Krieket Suid-Afrika se raad sal na verwagting oor die naweek vergader oor Suid-Afrika se o. 19-krieketkaptein, David Teeger, se Israel-uitlatings.

Teeger (18), hoofseun van die King Edward VII School in Johannesburg, het verlede maand toe hy as opkomende ster van Absa se pryse vir Joodse uitblinkers aangewys is, gesê die ware sterre is jong soldate in Israel met verwysing na die konflik tussen laasgenoemde en Hamas.

“Ja, ek het die toekenning gekry, en ja, ek is ʼn opkomende ster, maar die ware sterre is die jong soldate in Israel,” het Teeger gesê.

Die Alliansie vir Palestynse Solidariteit (PSA) het versoek dat Teeger geskors word oor sy uitlatings. PSA het klagte by die Suid-Afrikaanse Sportfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok), Krieket Suid-Afrika en die Gauteng Lions, vir wie Teeger ook in die o. 19-span speel, ingedien.

“Ons wil hê Teeger moet geskors word om die Gauteng Lions te verteenwoordig en om die Suid-Afrikaanse o. 19-krieketspan by die Wêreldbekertoernooi in Sri Lanka te verteenwoordig,” het die PSA gesê.

“As die PSA het ons ʼn beroep op die rade van die Gauteng Lions en Krieket Suid-Afrika gedoen om ʼn ondersoek in te stel na Teeger se misbruik van sy posisie as KSA-kaptein toe hy hierdie openbare stellings gemaak het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Stoffel ·

Hierdie jong man het niks verkeerd gedoen nie. Ek haal my hoed af vir hom. Dit is sulke jong manne wat sterre word in sport en vir ander lande gaan speel. Ons moet met gebaalde vuiste op ons knieë val vir Black lives matter maar hy mag nie jong Jode prys nie. Die wêreld is siek.

Anel ·

Ek haal my hoed af vir hierdie jong man. Hy het ‘n Joodse toekenning gekry wat hy aan Joodse, jong, soldate opgedra het. Moet hy nou die mense wat die toekenning aan hom gemaak het in die gesig vat en die teroriste ondersteun? Regerings moet hul neuse uit goed hou waar hulle nie behoort nie. Hulle gaan die selfde pad, as ek dit nie mus het nie, Sri lanka loop. Sterkte, jongman vir jou toekoms. Jou hart is op die regte plek.

Karina ·

Ek stem saam met julle almal. Die jong man se hart is op die regte plek.

Althes ·

Hamas het Israel uitgelok, nie andersom nie. Waar is vryheid van spraak?

Blikkies ·

Su uitlating is sy persoonlike gevoel, en het absoluut niks te doen met sy sport prestasie of deelname aan enige sport nie. Hoekom sal hy nou sy posisie as n sport speler misbruik, julle doen dit sonder om enige iets te bereik.

hpven ·

Mooi David! Respek vir Israel, hulle probeer dit nie afdwing maar doen en verdien dit!

Juanita ·

Ai word die dam nou weer onder die eend geruk. Ek dink nie hy het dit enigsens pollities bedoel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.