Kubaanse dokters kos Gauteng R30 miljoen

Kubaanse gesondheidswerkers kom in April 2020 in Suid-Afrika aan. (Foto: GCIS)

Die Gautengse departement van gesondheid het verlede jaar R30,3 miljoen bestee aan Kubaanse dokters se salarisse. Vanjaar is 14 van dié dokters steeds in die departement se diens en verdien maandeliks tussen R78 000 en R91 000.

Dié inligting is Donderdag, in antwoord op ʼn vraag in die provinsiale wetgewer, deur die LUR vir gesondheid bekendgemaak.

Nomathemba Mokgethi sê die Kubaanse dokters is aangestel ingevolge ʼn ooreenkoms wat Suid-Afrika en Kuba in 1996 gesluit het. “Kuba is bekend daarvoor dat hulle van die beste gesondheidsuitkomste het en hul ervaring sal die plaaslike gesondheidstelsel bevorder. Kubaanse dokters dien ook as mentors en afrigters van Suid-Afrikaanse dokters wat by primêre gesondheidsorgfasiliteite geplaas is, veral dié Suid-Afrikaanse dokters wat in Kuba opgelei is.”

Sy sê 28 Kubaanse dokters is aanvanklik in Mei 2020 vir ʼn jaar aangestel, en van hul kontrakte is intussen verleng.

“Dit is teleurstellend dat die departement steeds 14 Kubaanse dokters in diens het, terwyl plaaslike dokters sonder werk sit,” het Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir onderwys in Gauteng, gesê.

“Ek twyfel of Kubaanse dokters werklik kundigheid meebring wat nie plaaslik verkry kan word nie. Baie van hulle praat nie eens Engels nie en is nie vertroud met die plaaslike gesondheidsuitdagings nie.”

Hy het die “misplaaste lojaliteit” aan die Kubaanse regering as immoreel beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek verstaan nie ‘n tekort aan dokters maar daar word gediskrimineer teen wit,bruin en Indiër studente wat medies wil studeer in Suid-Afrika.

Anel ·

Wat ‘n koninklike lewe en dan beteken bulle nie veel vir die mense wat hul salarisse betaal. Hoekom moet ons as Gautengers die koste dra? Wat van ons eie dokters? Daardie geld kon gebruik word om die hospitale wat in so ‘n toestand is, dalk iets aan te doen, of nog verpleegpersoneel aan te stel.

Jacques ·

28 Kubaanse dokters het in die land aangekom, waarvan 14 nog in diens is……..

Wat het van die ander 14 geword?

Misky ·

Terwyl die ANC die septer swaai, gaan dit nooit eindig nie. Ons eie mense sal dood gaan van die honger en hulle sal Kubane invoer teen miljoene.

Johann ·

Die ANC is in n paar historiese verwagtinge vasgevang. En siende hulle bankrot is, moet die belasting budget nou betaal vir daai gunsies. Comrades sorg vir Comrades.

Philip ·

As die doeltreffendheid van die sg kubaanse dokters dieselfde is as hulle inenting muti wat die SA weermag aangekoop het van Kuba sien ek maar swarigheid in die toekoms vir SA.

Kobus ·

Dr Coetzee word gewiks omdat sy die waarheid praat oor kwotas tov mediese studente. Nou besing die ANC Kubaanse dokters, maw ons eie dokters is dus ” sub – standaard”? Ons ministers vlug Rusland toe vir behandeling, waarom laat hulle dan nie die wonderlike Kubaanse dokters toe om hulle te behandel nie?

Martin ·

Dankie Kuba julle is die beste. Wanneer julle daar klaar is kan julle asb help om ESKOM se kragstasies ook uit te sort…

marius ·

Daar bestaan in hierdie wereld geen groter korrupte spul skelms soos aan die suidpunt van die hool van die wereld nie . Punt .

SjN ·

Its pay back time, hul het mos die klomp kaders gehelp en gehuisves vroeer jare.

Pietertjie ·

NEE. Dit kos die BELASTINGBETALERS van Ga-teng R30 miljoen. Maak die opskrif reg asseblief.

Robert ·

Hierdie klomp glo waaragtig die snert wat uit hul monde kom…

JohanR ·

SA en sy mense sukkel self geldelik maar hier is 30 miljoen betaal, en dan is daar R50 miljoen present gegee aan Kuba. Wat is dit met die “love affair” met Kuba??????????????

Jsgroen ·

Nooit. Hoekom sal hulle. Te lekker om net te skep. Gaan nog agterkom die bodemlose put het ‘n bodem.

Tubac ·

Dit is absolute twak dat hulle daardie salaris verdien. Die geld word na Kubaanse regering toe oorgeplaas. Die dokters kry slegs n karige salaris.

Sandra ·

Welcome to Mzansi. As jy ‘n dokter is, moet net nie verwag om werk te kry nie, tensy jy Kubaans is. Tipies Suid Afrika. Hulle verloor hulle spesialiste ens na ander lande, maar ipv om hulle plaaslike dokters te laat werk, voer hulle dokters onnodig in.

Swerwer ·

Die probleem met ‘n tekort vaan Geneeshere, is die vel kleur. Die ANC Kader verwerp alles wat nie dieselfde kleur as hulle is nie.

Owlie ·

Waarvoor dokters van enige ander land af inbring terwyl Suid Afrika met dokters van alle tale/kleure/rasse/kennisvlakke en vele meer sit – is daar nie n nasm en n klag daarvoor as jou eie land se mense sonder werk, inkomstes, kos, lewe sit en ander lande se mense word in gebring nie

Jacobus ·

Die Kubaanse dokters se mediese kennis is verouderd, en net tot primêre gesondheid beperk. Ons sal beter doen om ons plaaslike verpleegsters beter op te lei.

Lillian ·

Geld wat kon gebruik word omons eie dokters te betaal om na ons mense om te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.