Kyk: Goue Mirè verbeter paalspringrekord

Miré Reinstorf het ’n goue medalje gewen. Foto: Twitter.

Suid-Afrika se Mirè Reinstorf het sommer met haar eerste probeerslag in Nairobi die Afrika-paalspringrekord vir o.20-vroue verbeter.

Haar poging van 4,15 m by die o.20-Wêreldkampioenskap in Kenia het nie net die vorige rekord van 4,10 m (wat in 2002 deur Syrine Balti van Tunisië opgestel is) verbeter nie, maar dit was ook goed genoeg om die goue medalje in te oes.

Boonop was dit die opkomende atletiekster se eerste internasionale byeenkoms.

“Ek het aanvanklik glad nie gedink dat ek ’n medalje sou wen nie, maar ek is dankbaar dat dinge op hierdie manier afgeloop het,” het die oudleerder van Hoërskool Outeniqua gesê.

Die 19-jarige atleet het in April ook die Suid-Afrikaanse kampioenskap met haar poging van 4,00 m gewen.

Suid-Afrika het 54 atlete (29 mans en 25 vroue) na die Wêreldkampioenskap gestuur en dit sluit sterre soos Miné de Klerk (gewigstoot) en Lythe Pillay (400 m) in.

Mans: John Adesola, Mondray Barnard, Abednico Choba, Renier de Villiers, Benjamin Richardson, Bradley Olifant, Sinesipho Dambile, Lythe Pillay, Matthys Nortje, Senzo Sokhela, Keanu Domingo, Jason Browers, Andre Erasmus, Christiaan Venter, Brian Raats, Kyle Rademeyer, Nikolai van Huyssteen, Jason Tito, Daiyaan Wyngaardt, DJ Liebenberg, Juan Ooosthuizen, Pieter-Juan Vorstman, Zander van der Merwe en Armant van der Linden.

Vroue: Banele Shabangu, Kayla la Grange, Viwe Jinqi, Precious Molepo, Amy Naude, Prudence Sekgodiso, Aviwe Hoboloshe, Carmie Prinsloo, Danielle Verster, Naledi Makgata, Marione Fourie, Kayla van den Berg, Anje Nel, Jada van Staden, Mirè Reinstorf, Karmen Fouche, Miné de Klerk, Dane Roets, Bodine Degli Umberti, Mickayla van der Westhuizen, Marissa Swanepoel en Janice Nel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vrijburger ·

Puik. Volgende stap – kry vir jou ‘n beurs in die VSA.

Jaco ·

Is die ras en die raskwota ens ens darem reg vir ‘n beloning agterna deur die SA Olimpiese Komitee? Ek vra maar net. In dié anti-wit SA moet wit mense mos maar altyd eers seker maak oor goed wat in ander lande heeltemal normaal is.

Madelein ·

Baie geluk met die prestasie en ook baie geluk aan haar afrigter, JP van As

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.