Kyk: Nuwe banknote, munte nou in omloop

(Foto: Skermskoot/Reserwebank-video)

Die land se nuwe banknote en muntstukke sal van vandag af stelselmatig ingefaseer word.

Die Reserwebank het pas die nuwe note en muntstukke, met verbeterde sekuriteitskenmerke en nuwe ontwerpe, bekendgestel. Die breë temas vir die opgegradeerde banknote bly dieselfde as die huidige banknote.

Die banknote bring steeds hulde aan oudpres. Nelson Mandela met sy portret wat op die voorkant van die banknote behou word, terwyl die Groot 5 nou as ʼn gesin agterop geïllustreer word. Die tema van die muntstukke is ekologie en word deur die land se fauna en flora uitgebeeld.

Volgens die Reserwebank word banknote en muntstukke gereeld opgegradeer in ooreenstemming met internasionale beste praktyke om vervalsing te verhoed en op hoogte te bly met tegnologiese vooruitgang. Oor die algemeen word banknote in intervalle van ses tot agt jaar opgegradeer en muntstukke in intervalle van 20 tot 30 jaar.

Die huidige Mandela-banknootreeks is in 2012 bekend gestel en ʼn gedenkreeks banknote is in 2018 uitgereik. Die huidige muntreeks is al sedert 1989 in omloop.

Die Reserwebank het ook daarop gewys dat hy nie die geldeenheid demonetiseer nie en dat alle voorheen uitgereikte sirkulasiebanknote en -munte saam met die opgegradeerde banknote en muntstukke gebruik kan word.

Nuwe banknote

Die denominasiegroottes en die banknootpapier bly onveranderd. Die kleure is subtiel versterk om visuele differensiasie tussen die denominasies te verbeter terwyl die watermerk die skadubeeld van die Groot 5-dier uitbeeld wat uniek is aan elke denominasie, tesame met sy denominasienommer.

Die aanhef tot Suid-Afrika se Grondwet word aan die linker- en regterkant van die hoofportret in mikroletters vertoon. Die landswapen, die woorde “Suid-Afrikaanse Reserwebank”, die president van die Reserwebank se naam en handtekening, die hoofportret en die denominasienommer is in verhoogde druk op die voorkant van die banknote.

Die woorde “Suid-Afrikaanse Reserwebank” in twee van die 11 amptelike tale, die denominasienommer en die Groot 5-diere is in verhoogde druk agterop die banknote.

(Grafika: Maroela Media)

Nuwe muntstukke

Die R5-munt se kenmerkende wildebees is met ʼn walvis vervang. Op die R2-munt word die koedoe met springbokke vervang wat in ʼn diamantvorm, eerder as ʼn vierkant, vervat word.

Op die R1-munt is die springbok met Suid-Afrika se amptelike blom, die protea, vervang en dit word ook met ʼn nuwe vyfhoekige vorm omring. Die 50c-munt sal voorts net die beeld van ʼn loerie hê wat nou ʼn seskantige rand aanneem. Dié munt het voorheen met die strelitzia-blom, oftewel paradysvoëlblom, gespog en het nege hoeke gehad.

Aangesien die protea nou op die R1-munt spog, sal die 20c voorts gasheer wees vir die aalwyn wat deur sewe hoeke omring word. Suid-Afrika se kleinste munt, die 10c, neem afskeid van die varkoor en sal nou eerder met ʼn heuningby spog.

Die R5-muntstuk sal steeds in ʼn bimetaallegering geproduseer word, terwyl die R2 en R1 vernikkelde staal sal wees. Die 50c- en 20c-munte word van bronsbedekte staal gemaak en die 10c van koperbedekte staal.

(Grafika: Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Jack ·

Ja die bankrot land kan bekostig om geld te mors ens.Julle kan maar vir ons Monopoly geld uitdeel.Die waarde is net so min en maak net so min indruk as enige nuwe geld wat die regring wil invaseer.Ook die arme diere moet nou op die regering se nuwe gemors geld pryk asof die geld iets gaan werd wees.Sit eerder ‘n SASSA prentjie met ‘n rusbank op die geld dan weet almal wat dit werd is en wie die ANC is.

Republikein in die Wes Kaap ·

‘n Reuse slaggat, puttoilet, droë kraan, vervalle kragstasie, informele nedersettings en pasiënte wat op ‘n hospitaalvloer lê sal ook werk.

Henry ·

jy sien hy het nie verstaan wat dit beteken om geld te bank nie

TruthDealer ·

Maak al die note en munte rooi om al die bloed te simboliseer wat elke dag hier vloei. En in die middel, die emoji vir menslike ontlasting. Ek kan nie dink aan n meer gepaste ontwerp nie. Doen dit sommer met ons landsvlag ook.

Henry ·

ja die Rand het geen waarde nie. met R1 kon jy 1.4 dollar koop nou R18 vir 1 dollar.
met 1 pennie kom jy 4 lekkers koop
waar is daai dae

JvR ·

Ek kan onthou toe die rand dubbel die dollar se waarde was. En selfde as die pond

George ·

Dis nou dieselfde dae wat mense van my kleur nie kon swot, werk of stem nie.

Carl ·

Dis reg ja – speel die rassekaart! Jy het seker nog nie van inflasie gehoor nie.

George ·

en in daai jare, kon mense van my kompleksie ook nie swot,werk of stem nie.

Johan ·

Vertel dit maar vir jouself George. Waar het jou held Robert Mugabe studeer, gaan soek bietjie.

Koen ·

en wat was hom se salaris teenoor vandag. Of is jy ook ‘n kreperende pensioenaris wat nie voorsiening gemaak het nie.

My siening ·

En dit gaan ons red, asb Cyrel spandeer geld op een van jou beloftes dan doen jy iets!

Abe ·

Ek het eintlik gehoop as SA nuwe note uitbring sal dit polimeer note wees. Ek is baie bly die groot vyf is behou op die note. Die donkerder kleur is ook ‘n verbetering.
Ek hou baie van die munte, maar nou ja, ek is ‘n muntversamelaar en die staal + watookal beïndruk geen versamelaar nie! Dit is egter maar ‘n noodwendige gevolg van inflasie en die metale van alle lande se moderne munte het nie eintlik enige waarde nie.
Gepraat van inflasie, die 10c en 20c kan maar uitgefaseer word.

Rose ·

Dit is regtig pragtig. Die bytjie beteken so baie vir die natuur, weet nie wie dit ontwerp het nie, maar baie geluk. Wens net die huldebring aan n persoon kon vervang word met iets anders.

Hendrik ·

Dit lyk alles goed dit is miskien tyd om onslae te raak van Mandela se gesig en iets daar te plaas wat alle gemeenskappe se belange insluit.

Koen ·

Nou gee dan vir my as jy dink geld het nie waarde nie. Ondankbare sot.

Blomkind ·

Lyk baie mooi maar ook bokkerol werd met alles wat die hoogte in skiet.

JohanR ·

Nog soe vyf jaar Blomkind dan pronk ou Julius se gesig op die note. By daai tyd is die rand rerig niks werd, en jy kan hom vind in toilette waar hy toilet papier vervang!

Riaan ·

Guldige geleentheid om van Mandela se gesig ontslae te raak daarmee heen

JohanR ·

Jy kan hom enige kleur gee wat jy wil hy bly maar nutteloos soos die ANC teen R18.24 vir een $. Vat jy R200000 VSA kry jy darem $10966.

George ·

Dis duidelik dat julle nie weet hoekom nuwe note en muntstukke in sirkilasie geplaas word nie.

Piet ·

Jy is reg. Die mense met geleerdheid het geen idee nie. Maar ons sirkuleer dit darem ook.

Reinald ·

Het my al met die klein kleurverskille tussen R20 en R200 misgis, veral as note effe afgeleef is! Die ‘probleem’ bly ongelukkig bestaan. Hulle kon ook maar die 10, 20 en 50 sente uitfaseer, die R10 noot met ‘n muntstuk vervang en dan ‘n R500 noot bygesit het.

Josaandierand ·

R1 het ook Soli Deo Gloria verloor. Dis jammer, maar ongelukkig meer akkuraat t.o.v. beleidmakers se lewensuitkyk.

Koen ·

Goeie Donderdag maar hier is mense wat net die eeldag kan kla. Kry vir julle iets om julle me sinvol besig te hou. Maar om daardie vader se naam. HOU OP KERM EN KLA!

Lillian ·

Ons geld is nie die papier werd waarop dit gedruk word, nie, maar mors, mors julle!

Nico ·

Dit weer vermorsing van die binnelandse inkomst, die regering het nie geld om dinge in SA. reg te maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.