Kyk: Nuwe muntstukke vir SA op pad

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het die ontwerpe bekend gemaak van die nuwe muntstukke wat van volgende jaar af in sirkulasie sal wees.

Van die nuwe muntstukke spog met allerlei ander soorte diere en plante as wat Suid-Afrikaners die afgelope jare gewoond aan was.

Enoch Godongwana, minister van finansies, het die veranderinge aan die muntstukke, waaronder die taal wat op elkeen gaan verskyn, in die Staatskoerant gepubliseer.

Die nuwe R5-, R2-, R1-, 50c-, 20c- en 10c-muntstukke sal vroeg volgende jaar die lig sien.

Terwyl van die munte enkele ontwerpsveranderinge ondergaan het om dit te moderniseer, kenmerk ʼn hele ommeswaai van die ander munte, soos die R5. Dié munt se kenmerkende wildebees is vervang met die beeld van ʼn walvis.

Op die R2-munt word die koedoe met springbokke vervang wat in ʼn diamantvorm, eerder as ʼn vierkant, vervat word.

Die R1-munt vervang die springbok met Suid-Afrika se amptelike blom, die protea, en word ook met ʼn nuwe vyfhoekige vorm omsingel.

Die 50c-munt sal voorts net met die beeld van ʼn loerie gesien word wat nou ʼn seskantige rand aangeneem het. Dié munt het voorheen gespog met die strelitziablom, oftewel paradysvoëlblom, en het nege hoeke gehad.

Aangesien die protea nou op die R1-munt spog, sal die 20c voorts gasheer speel vir die aalwyn wat deur sewe hoeke omring word.

Suid-Afrika se kleinste munt, die 10c, neem afskeid van die varkoor en sal nou eerder met ʼn heuningby spog.

Die R5-muntstuk sal steeds in ʼn bimetaallegering geproduseer word, terwyl die R2 en R1 vernikkelde staal sal wees. Die 50c- en 20c-munte sal van bronsbedekte staal gemaak word en die 10c van koperbedekte staal.

Luidens die kennisgewing in die Staatskoerant sal al die land se amptelike tale deur ʼn jaarlikse rotasieskedule op die munte verskyn. Vir die volgende tien jaar sal die tale jaarliks afgewissel word.

Slegs drie tale sal vir die R5-munt gebruik word, terwyl daar twee tale op die R2-, 50c-, 20c- en 10c-muntstukke sal verskyn en slegs een taal op die R1-munt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Pierre ·

Die ou munte kon lankal vervang word, die nuwe motiewe lyk belowend, maar enige iets onder R1 kom maar gelos word, niemand gee werklik meer oor hulle om nie.

Anton ·

Daar is geld om te mors op drek maar nie om die ligte aan te hou nie.
Piesang republiek,

Robert ·

Gaan nie beduidenswaardig meer kos nie, was in elk geval tyd om nuwe afdrukstukke te maak aangesien dit oor tyd verslete raak.

Burgermeester ·

My vraag is, watter tale sal gebruik word op die munte?

Republikein in die Wes Kaap ·

Hoekom pla die taal nie vir jou nie, Harry?

SwartBees ·

Wat maak dit saak…n R5 bly n R5 in enige SA taal…..selfde met R1, R2, 50c 20c 10c….ens.
Koop jou Afrikaanse rand brood en jou xhosa rand pap?

Die Goodwoodianer ·

Ek sien nie ñ probleem met veeltaligheid nie maar daar moet darem Afrikaans ook wees. Dit is veronderstel om vanselfsprekend te wees. Ek waardeer ñ munt met Afrikaanse bewoording maar respekteer steeds die ander. Afgesien van dit, ñ fraai munt bly ñ fraai munt.

Republikein in die Wes Kaap ·

Parkades sal seker masjiene moet aanpas om die nuwe munte te hanteer.

Johan ·

Hulle benodig net n “monster” van die munte, is eintlik baie oulik gemaak, jy sit net die nuwe munte in en dit is dit.

Anel ·

Alles wat iets beteken moet mos van weggefoen word. Wat stel die by voor, en die koedoe? Daar is nie geld om die ligte aan te hou nie, maar die geld moet vetander word. Al gedink dat die lot wat dit ontwerp ook betaal moet word? Kan nie verstaan hoe werk sekeres se koppe nie!

Mckayla ·

Dit maak glad nie sin nie, Ons bly in n land waar ons armoede het, werkloosheid, crime wat skrik vir niks maar hulle mors geld…op geld?? vir watse rede? Dis sinneloos..

Wys jou maarnet waar le die prioriteite.

piet ·

Korrek maar is dit nie maar ook so dat die wat die hardste fisiese werk doen ook maar normaalweg die minste verdien nie. Ek sou dink nogal heel gepas.

Karina ·

Ek stem saam, die bytjie moes ere plek gekry het op die R5 muntstuk. Sonder ons bytjies, gaan ons plante dood. As ek bytjies in my tuin sien, loop ek liewers weg omdat daardie giffies van hulle my laat opswel iets vreeslik. So ek gee hulle maar tyd om nektaar uit die blommetjies te kry.

Die Goodwoodianer ·

Ek dink die nuwe munte lyk heel fraai. As ñ amateur muntversamelaar sien ek tuiste vir die nuwe spulletjie. Dalk is ek effens té opgewonde maar hul plekkies staan reeds reg vir hulle om in te neem.

Lurock ·

Daar is geld vir nuwe ontwerpe van munstukke wat sê geldwaarde geensins verander nie, maar waar is die geld sodat kriminele en staatskapers suksesvol vervolg kan word sonder uitstel op uitstel. Waarom geld mors op nuwe monte maar armoede kan nie verlig word nie. Wie betaal vir die ontwerpe, seker weer ‘n kader van ‘n kader van ‘n kader. Maar geld om beurt krag te bekamp word gemors op nie belangrike dinge nie.

Hoe aanpasbaar is die betaal masjiene by parades?

Ek vra maar net.

Robert ·

Sien my vorige kommentaar oor die vervaning van drukstukke wat die munte pers. Betaalmasjiene kan opgestel word om honderde tipes munte te hanteer.

Stephen ·

Ek dink werklik die simbool van n kers wat brand sou baie meer gepas gewees het.

Nico ·

Dit is hoekom die rente koers weer opgaan hulle het geld nodig vir die gemors.

Ettienne ·

“Werkskepping” en geldmors deur middel van nuwe geld maak – parkades, muntmasjiene, kortom, ALLES wat deur middel van munte werk sal nou moet aangepas word.

JohnnyS ·

Hulle moes eerder AK-47 / verskeie tipes pistole en daarna messe en byle in volgorde van belangrikheid opgesit het. Dit sou meer teenwoordigend van ‘nuwe” SA gewees het.

OU SAAR ·

IS DIT REGTIG NODIG? VOEL VIR MY DIS WEER NET ‘N MANIER OM GELD TE VERDUISTER OM DIE KADERS SE EIE SAKKE TE VUL…
AI, DIE REGERING MAAK MENS AL SO NEGATIEF DAT JY ALTYD AS JY SO IETS LEES DIE ERGSTE DINK EN VERWAG. ABSOLUUT GEEN VERTROUE IN DIE REGERING MEER NIE…

Owlie ·

In ‘n lewe van duisternis, hongersnood werkloosheid ….. is dit werklik totaal onnodig om geld op nuwe munte te mors – 50c 20c, 10c is in elk geval totaal onnodig – jy kry nie eens meer n stokkie lekker vir 50c nie.

Olly ·

Daar is die laaste bietjie Godsdiens van ons geld ook af. Die R1 stuk het ten minste nog al die jare “Soli Deo Gloria” op gehad. Ek sien nie dat dit oorgedra is op die nuwe muntstuk nie. Hartseer…

Anita ·

Die SA Mint is ‘n privaat instansie. Die SARB is ons enigste aandeelhouer en hulle is ook nie ‘n staats instansie nie. Ons het niks met die staat te doene nie. Ons is ‘n hoogs kompeterende internasionale maatskappy. Ons maak munte vir die internasionale mark. Die nuwe munte is ontwerp deur mense wat werk by die Mint of wat betrokke is by die Mint. Die kostes vir die maak van die nuwe munte is vir die SA Mint. Ons dra ons kostes self. Waarom wil julle ons verantwoordelik hou vir Eskom se probleme. Die Bestuur van die Mint is in goeie hande en die besluit om nuwe munte te maak is nie ‘n ligtelike besluit nie. Ons is trots op ons munte en die gehalte van ons munte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.