Kyk: Twee vas en motors, wapens gekry ná rooftog

‘n Skermskoot uit die video wat wys hoe die verdagtes op die vlug slaan.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en daar is op vier motors en vuurwapens beslag gelê nadat ʼn juwelierswinkel by die East Rand Mall in Boksburg aan die Oos-Rand beroof is.

Minstens agt verdagtes het Sondag die juwelierswinkel binnegestorm en personeel met vuurwapens aangehou voor hulle met ʼn groot hoeveelheid juweliersware op die vlug geslaan het.

Volgens lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die rowers lukraak skote afgevuur. Veiligheidspersoneel van die winkelsentrum en die polisie het die verdagtes agternagesit terwyl hulle in verskeie wegkommotors gevlug het.

“ʼn Hoëspoedjaagtog het tot in Alexandra gevolg waar daar geslaag kon word om die verdagtes in een van die wegkommotors voor te keer. Een verdagte is in hegtenis geneem en hy het die polisie na twee huise gelei waar nog ʼn verdagte vasgetrek is.” Daar is op vier motors, asook vuurwapens, ammunisie en plofstof beslag gelê.

Een van die motors waarop beslag gelê is, is vroeër vanjaar in Limpopo gekaap. Die polisie is nog op soek na die ses ander verdagtes, asook die juweliersware wat tydens die rooftog gesteel is.

Die twee verdagtes wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte van sakeroof, asook die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ʼn vermoedelik gekaapte voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Harley Davidson ·

Aanlyn inkopies blyk die veiligste vir wetsgehoorsame burgers te wees in die land ,goeie werk deur die polisie/ sekuriteit maar die skelms kry te maklik toegang tot winkelsentrums met sulke tipe wapens.

Danie ·

2 vas en daar omtrent 10 weggekom met geld en buit.Baie snaaks die geld altyd weg.Die twee seker karwagte.Wapens behoort aan SAPD.

Keelvol ·

Wat se bewyse het jy dat die wapens aan die SAPD behoort? Of suig jy nou weer dit uit jou duim uit.

Hennie ·

Die een wapen is beslis ‘n Vektor, R4 of R5 wat net aan die SANW of SAP behoort.

Keelvol ·

Hennie, jy kry ook die siviele weergawe wat bekend staan as die LM5 wat presies soos die R5 lyk. Dit word deur die metropolisie en Sekuriteit’s maatskappy gebruik.

Hennie ·

Ek is bewus van DM’s wat deur sekuriteits maatskappye en die TMPD gebruik, maar hulle lyk wel anders.

Het wel vroeër vandag gelees van die LM weergawe wat beskikbaar is vir die publiek. Of hierdie wapens in die fotos van die polisie afkom of nie, is ek 100% oortuig dat hulle nie wettig besit word deur die klomp nie.

Keelvol ·

Dat die wapens wat hier gebruik was onwettige wapens is, is daar geen twyfel aan nie. Dit is net skrikwekkend dat kriminele so maklik hulle hande op sulke wapens kan kry.

Delia ·

Dit kan dalk werk. Maar dan moet wagte opgelei wees om die moontlike uitkomste te hanteer

Piet ·

Maar daar is dan stickers op die deure wat se jy mag nie ‘n vuurwapen in die gebou invat nie. Dis mos genoeg.

Cherokee ·

Jou lyfband se gordel kan van metaal wees. Daar kan metaal wees in jou sleutelring. Vele ander maniere waarop metaal saamgeneem word.

Faraway ·

Dalk maar Juweliers en selfoon winkels in Malls so plaas dat hul heelbo is en vêr weg van ingange asook glad nie op n hoek nie en dalk ook dubbele deure met n tyd meganisme . . . of ontwerp hulle binne so dat daar net n eenrigting in en uit is. Dis dalk drasties en baie kostes maar ontwerp hulle so dat skelms MAKLIK gevang kan word

Cherokee ·

Toe een van die kommentators metaalverklikkers voorstel, toe roep ek met ‘n glimlag ‘n insident op wat sowat twee dekades gelede op Durban se hoofstrand gebeur het.
Ek het by ‘n bank ingestap en die motorsleutels in my sak het die masjien ding dong laat sê. Die sekuriteitswag het gevra wat dit is. Ek het in ‘n fluisterstem gesê “it’s a gun!”
Ook in ‘n fluister stem vra hy “where is it?”
Toe ek terug fluister “on my ankle in a ankle holster.” sê hy in ‘n gedempte stem “Okay.. go in.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.