Kyk: YouTuber maak duisende met dié katvideo’s

The Kiffness het R100 000 aan sy plaaslike DBV geskenk. (Foto: Facebook / The Kiffness)

Danksy die gewildheid van sy herskommelings van katgeluide kon die YouTube-sensasie en sanger David Scott van The Kiffness R100 000 aan sy plaaslike dierebeskermingsvereniging skenk.

Luidens ʼn inskrywing op Facebook is dit 50% van die totale opbrengs wat hy met dié herskommelings verdien het. Die video’s het miljoene kykers en aanhangers van regoor die wêreld gelok, met sommige video’s wat tot 5,7 miljoen keer gekyk is.

“Toe ek die Cat Jams EP [mediumlengte album] die eerste keer in Augustus uitgereik het, het ek ’n belofte gemaak om 50% van die stromingsinkomste aan my plaaslike DBV terug te gee.

“Vandag is ek bly om aan te kondig dat ons meer as R100,000 ($7000) vir my plaaslike DBV kon insamel, en ek sal voortgaan om 50% terug te gee met die uitreiking van die Cat Jams Deluxe EP.

Ek het gedink dat ek na die eerste EP [album] katliedjies ’n blaaskans sou gee, maar mense het aangehou om vir my wonderlike video’s te stuur van katte wat cool geluide maak, so ek het gevoel dat ek geen ander keuse gehad het as om daarmee aan te hou nie,” het Scott vroeër vandeesmaand op Facebook gesê.

“So ek hoop jy geniet die Cat Jams Deluxe EP met “Alugalug Cat”, “Alugalug Cat 2.0”, “Big Billy”, “Numnum Cat”, “Oh Long Johnson & Mumble Cat”, en weet dat jy met elke stroom ’n klein verskil in die lewe van ’n dier in nood maak.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.