Die Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika (UKKSA) het kykNET met R30 000 beboet nadat lyers van Tourette-sindroom in ‘n program nageboots is.
“Die tribunaal het bevind dat die nabootsing ‘n ernstige aantasting was van die waardigheid van mense wat aan Tourette-sindroom ly, en dat die komiese aard van die episode die effek vererger het,” het die kommissie in sy uitspraak gesê.
Die klag was oor twee episodes van kykNET se komediereeks, Proesstraat. Die program word sonder ‘n draaiboek en voor ‘n gehoor opgeneem.
Op 10 Februarie en op 10 Maart het die aktrise Eliza Cawood aan twee van die akteurs gesê om te maak of hulle aan Tourette-sindroom ly.
“Ons gevolgtrekking is dat die waardigheid van mense wat aan Tourette-sindroom ly aansienlik belangriker is as kunstenaarsvryheid,” het UKKSA gevind. “Ons is van mening die huidige geval was ernstig van aard.”
kykNET moet die boete voor 31 Augustus betaal.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Maak tog asseblief n einde aan hierdie goedkoop oppevlakkige gemors. Hul sogenaamde humor verteenwoordig regtig nie die gees van n opgevoede mens nie. Daar is reeds vantevore met Joost van der Westhuisen se siekte gespot wat pynlik en onvanpas was.
Met so n wrang sin vir humor leef daar beslis mense in n donker wereld.
Behalwe dat dit vlak humor is, word dit week na week herhaal soos meeste kykNET programme.
Die eerste reeks van Proestraat was darem so bietjie beter, my Seun het ook Tourette sindroom en ek het ook ophou proestraat kyk na die “Tourette” episode
Nou hoe moet die arme blondes en die brakpanners en oosranders dan voel, daar word in elke grappie en radio stasie gespot met hulle…..