Laaste Dendron-plaasaanvaller gestraf

Chris en Leonise Joubert (Foto: Facebook)

Die laaste beskuldigde is uiteindelik in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis vir die gewelddadige aanval op Chris en Leonise Joubert op hul plaas Draaifontein naby Dendron in Limpopo in Augustus 2020.

Christopher Mokgomutsi is Vrydag twee lewenslange vonnisse én ʼn verdere 55 jaar tronkstraf opgelê vir sy betrokkenheid by die aanval, aldus kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder in Limpopo.

ʼn Groep mans het die aand van 5 Augustus 2020 by Chris en Leonise se plaashuis op Draaifontein ingebreek en Chris erg aangerand. Leonise is die aand twee keer verkrag.

Chris se 99-jarige ma, Betsie, was ook in die huis, maar het fisiek ongedeerd van die voorval afgekom.

Drie aanvallers is nou sedertdien skuldig bevind en gevonnis. ʼn Vierde beskuldigde is destyds kort ná die aanval tydens ʼn jaagtog met die polisie doodgeskiet.

Nicolus Tlou (33) is in Augustus verlede jaar tot twee keer lewenslank gevonnis op aanklagte van moord en verkragting nadat hy skuldig gepleit het op al die aanklagte teen hom.

Moloko Aaron Mabena (21) is verlede Februarie ook ingevolge ʼn pleitooreenkoms tot tien jaar tronkstraf gevonnis. Mabena het teen sy medebeskuldigdes getuig.

Mabena is die seun van die egpaar se huiswerker en het voor hulle grootgeword. Hy was 18 jaar oud ten tyde van die aanval.

Maroela Media het vroeër berig die hofsaak is sedert 2020 herhaaldelik en om verskeie redes uitgestel en met elke hofverskyning wat die egpaar bygewoon het, is ou wonde weer oopgekrap.

“Dit bly baie moeilik om weer aan alles herinner te word, maar ons is so bevoorreg om bygestaan te word deur ons kinders, familie en dierbaarstes,” het Leonise vroeër aan Maroela Media gesê.

Die egpaar het ná die aanval die plaas verlaat. Leonise het later by die CVO Vivo begin skoolgee en Chris het ʼn werk by ʼn boer in die omgewing gekry. Die egpaar woon nou by die skool en verhuur die plaas.

“Hul droom was om eendag op die plaas af te tree; Draaifontein was hul hemel op aarde … Leonise was lief vir haar huis. Nou kom hulle nooit meer op die plaas nie,” het hul buurman Frikkie Roos, wat destyds eerste op die toneel was, vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SjN ·

Tragies, elke keer word wonde weer oopgekrap vir hul geliefdes, neem 4 jaar om te vonnis en die belastingbetaler moet vir hom sorg, siek land.

melaney ·

Na so ‘n aanval is dit moeilik om te glo dat die Joubert egpaar ooit weer ‘n normale lewe sal kan lei. Mag ons Hemelse Vader hulle daagliks die nodige krag gee met die medewete dat Hy hulle liefhet.

Dries ·

Ek het begrip waardeer hierdie gesin gegaan het, en kan net vertrou dat hulle nie elke dag terugflitse sal beleef nie. Sterkte.

Casper ·

Is Nicolus Tlou op ‘n ander verwante moord gevonnis.Hoe erg kan dit vir ‘n vrolief wees om verkrag te word want dit gaan gewoonlik gepaard met geweld want dit is al taal wat verkragters verstaan.Hoe maak sy weer haar liggaam heel wat gebreek is.Mag hulle vrot in die tronk.

Di ·

Glo dat dis iets is wat vir ewig in hulle gedagtes sal wees. Trauma is nie maklik om te oorkom nie. Ek persoonlik dink dat die motief agter al hierdie plaasanvalle is daarop gemrig om ons boere van die plase af te dryf. DIT is die doel van spesifiek die EFF gemors wat verwoesting saai regoor die land.

Onnie ·

Die feit dat dit hul huiswerker se seun was, wat voor hul groot geword het, is vir my die ergste van alles. Wys net weer, ons kan hulle nie vertrou nie! As hulle die geringste kans kry sal hulle ons kele afsny. Die makste hond byt die seerste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.