Laaste hindernis vir SAL-sakereddingsplan nou oorkom

(Foto: Facebook)

Alle voorwaardes vir die inwerkingstelling van ʼn sakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is nou nagekom nadat die regering sy waarborgbrief aan krediteure gewysig het.

Die vergadering van die staatslugdiens se krediteure wat vir Donderdag beplan is, is nou gekanselleer nadat die brief gewysig is, het Louise Brugman, ʼn woordvoerder vir die sakereddingspraktisyns, gesê.

Die probleem met die aanvanklike brief was die afwesigheid van ʼn waarborg dat betaling op uitstaande, staatsgewaarborgde skuld na ʼn regsentiteit oorgedra sou word. Dié ontvanger sou dan die geld aan uitleners, waaronder kommersiële banke en die Ontwikkelingsbank van Suidelike Afrika, uitbetaal.

Die regering het R16,4 miljard toegewys om die skuldverpligting wat die SAL nie kan betaal nie, na te kom. Die SAL is in Desember in sakeredding geplaas ná ʼn staking oor salarisverhoging hom lamgelê het.

Die regering het oproepe om die SAL te laat likwideer, teengestaan ondanks die chaos in die wêreldwye lugvaartbedryf en moes oor die afgelope dekade miljarde rande in die onderneming stort om dit aan die gang te hou. Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, was tot dusver ʼn groot voorstander daarvan om strategiese vennote te vind om die SAL as ʼn opgeknapte lugdiens te bedryf.

Ingevolge die sakereddingsplan gaan die regering nog R10,1 miljard voorsien om skeidingspakkette aan 2 700 SAL-werkers te betaal, asook die lugdiens te help om weer sy bedrywighede te hervat.

Die sakereddingspraktisyns Les Matuson en Siviwe Dongwana het gesê hulle is besig om die laaste tegniese punte uit te stryk voordat hulle ʼn kennisgewing van die inwerkingstelling van die plan sal indien. ʼn Oorweldigende meerderheid van die krediteure het die plan verlede maand goedgekeur.

Die DA sê egter daar is steeds vrae oor waar die departement van openbare ondernemings die geld gaan kry wat ingevolge die sakereddingsplan benodig word. Die party is vroeër vandeesmaand hof toe om die minister van finansies, Tito Mboweni, te verhoed om noodfondse uit die Nasionale Inkomstefonds daarvoor te gebruik.

Mboweni het in hofstukke verduidelik dat die regering in sy brief aan krediteure hom verbind het tot die mobilisering van fondse, eerder as die voorsiening van geld. Mboweni het gesê hy beoog nie om geld uit die fonds daarvoor te gebruik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

Die ANC komuniste wag net vir die geld wat die dom IMF vir hulle geleen het daar is die antw.

Snowball ·

IMF……lekker skeptyd het weer aangebreek. Die ANC juig oor al die geld wat so in hulle korrupte skote val.

ElizeK ·

Hoekom wonder waar die geld vandaan gaan kom. Voor die handliggend. Daar is dan nou R71miljard geleen by die IMF. R16.4miljard vir krediteure, R10.1miljard vir skeidingspakette en DIE RES!! Die antwoord is n ” no brainer”

Lian ·

Die IMF gaan waarskynlik hierdie skuld aan China verkoop en dus het China vrye toegang tot SA se ekonomie

Kokerboom ·

Geen gelde moet aan die korrupte wanfunksionele ANC regime geleen of gegee word VOORDAT ‘n deursigtige gereguleerde bestedingsplan nie voorgele word!!

Marius ·

Met die lening van die IMF is die skrif aan die muur , SA is amptelik verkoop vir n pot lensie sop .
Dankie anc en kie .

Kokerboom ·

Ek hoop van harte dat die hoogsbetaalde (met belastingbetalersgeld) sakeredders ‘n duidelike klousule inbou waar die name van AL die voorstanders van redding van die SAL aangetoon word en dat hul aanspreeklik gehou sal word sou(en dit sal) die nuwe SAL vou!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.