Laer geiser-temperatuur kan beurtkrag verminder – studie

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Navorsing wys ʼn laer temperatuur op Suid-Afrika se sewe miljoen geisers kan reusedruk op Eskom verlig en kragverbruik met byna 1 MW – gelykstaande aan naastenby een fase beurtkrag – verminder.

Die maatskappy Sensor Networks het onlangs ʼn gevallestudie gedoen om die uitwerking van geiser-temperatuurverminderingstrategieë te bepaal. Hulle het tot die slotsom gekom dat, sou elke geiser in die land se temperatuur met 10 °C verlaag word, dit die las op Eskom met sowat 942 000 kWh per uur kan verminder.

Volgens Sensor Networks rus die gemiddelde temperatuur van ʼn geiser op ongeveer 60 °C.

Mark Allewell, uitvoerende hoof van Sensor Networks, sê die maatskappy kan, gegrond op die data van ʼn steekproef op 6 809 geiserbeheerders in Suid-Afrika, bevestig dat die gemiddelde geiser-energieverbruik op die dag van die opname vir 6 346 geisers met ʼn temperatuur van 51–70 °C op 0,492 kWh gestaan het.

Die steekproefgrootte van geisers met ʼn gewysigde temperatuur van 50 °C het 463 geisers met ʼn gemiddelde geiser-energieverbruik van 0,357 kWh ingesluit en illustreer duidelik ʼn aansienlike mate van besparings (0,135 kWh) op geiser-energieverbruik indien die temperatuur tot net 50 °C verlaag word.

“Die gemiddelde energiebesparing van ʼn enkele geiser oor hierdie spesifieke monsterstel is gemeet op 0,135 kWh. As ons daardie besparings toepas op die meer as sewe miljoen elektriese geisers wat reeds landwyd gebruik word, kan ons ʼn algehele energiebesparing van ongeveer 942 000 kWh verseker.”

Die maatskappy wys egter daarop dat die data gegrond is op ʼn enkele dag van meting, en van ʼn uitgesoekte groep kliënte wat aktiewe Sensor Networks Smart Geyser-beheerders op hul huishoudelike elektriese geisers geïnstalleer het.

Die gevallestudie bewys egter dat ʼn verlaging in geiser-setpunttemperatuur ʼn manier kan bied om Suid-Afrika se energiebesparing en -doeltreffendheid te verbeter.

“Ons kan verwag dat hierdie syfers voortdurend sal verander weens werklike faktore soos die weer, beurtkrag en die tyd van die jaar. Dit beklemtoon egter die tasbare voordeel van die gebruik van werklike data om datagedrewe besluite oor geisertemperatuurverlaging te neem, en die strategiese implikasies daarvan vir energiebesparing as dit reg bestuur word,” sê Allewell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Harley Davidson ·

Die anc regime doen niks om die geen krag te bekamp of uit te wis nie hoekom word daar nou verwag om die wat ten duurste vir krag betaal en steeds nie krag het nie om meer te doen .

Michael ·

Het die studie ook die verhoogde warmwaterverbruik in ag geneem met die verlaagde temp? Dit beteken die geyser gebruik ook meer krag om meer water teen 50 grade te lewer of het die studie aangeneem die warmwaterverbruik sal presies dieselfde bly wanneer die temp afgebring word.

Samuel ·

Is hulle oorlams? My geyser is op 55°C gestel en dit is myns insiens te laag vir huishouding met vyf mense. Iemand stort altyd ‘koel’, veral met die koue temperatuur in die Kaap. Dit is nie noodwendig Jan Publiek wat krag mors nie, maar wat van straatligte wat heeldag brand? Gaan speel op die sypaadjie.

Cassie Carstens ·

In die winter stel ek my geyser op 50 grade en in die somer op 40 grade. Groot kragbesparing en die water temperatuur is steeds heerlik om te bad. Dalk stort sommige mense te lank.

Delia ·

Dit is so. 5p grade in die winter werk. Dis waar jy meer as 1 mens is wat na mekaar stort wat dit n probleem.is

Sandra ·

Dit is so lekker om ‘n warm stort te neem, tog verstaan ek dat die hitte laer gestel kan word. Wie stort met sulke kokende water? EK het nog nie daaraan gedink om my geyser af te draai nie, maar gaan dit tog doen

Delia ·

Jy sal sien dat jy krag bespaar. Selfs as jy dit afsit. En 2 keer per dag dit aansit vir n ruk. Dit werk

Marius ·

Hulle weet nie hoe om die probleem op te los nie, nou word almal blameer behalwe hulself.

Frikkels ·

Hierdie is geen oplossing nie, dit sal slegs dien as aansporing vir eskom om die fases nog meer te verhoog. Eskom se idee is nie om kragtoevoer te herstel nie, maar om saam met die anc regering die ekonomie te saboteur sodat sosialisme kan seëvier. Hoe om beurtkrag te stop? Raak ontslae van ons onbevoegde regering en sy kaders!

KB ·

Heng, hoeveel 30 persenters het dit geneem om by hierdie logiese gevolgtrekking te kom?!

Harry ·

So now the government wants to control the temperature of your bath water. Let that sink in.

Marius ·

Ek neem aan dat hulle tabulasies sluit die faktor van solar geysers ook in?

Nog ‘n vraag, wie gaan betaal vir daardie stelling in die eenhede wat nie die sensors alreeds in het nie? Jy kan nie verwag dat ‘n ongekwalifiseerde persoon aan geysers gaan stel nie

Laastens, in die somer hou ek my geyser op 50 grade, maar in winter is dit 60 grade, anders stort iemand in koue water

TrueMan ·

Nie almal kan iets self doen nie. Ek dink partymaal daar is meer 30%ers ons ons “bevolking” as wat mens dink. Maar normale mense kan dit self afstel. Ideale temperatuur is 65. Onder 60 groei bakterie.

Gerhard ·

Sover ek weet, moet die temperatuur in ‘n geyser ten minste 60⁰ wees om te keer dat bakterie groei.

TrueMan ·

Jy is 100% korrek. Die ideale temp is volgens de slim ooms 65. Dalk is die plan dat meer bakterie groei as wat sou met die klimaats verandering? Jy weet mos. Ekstra helpende hand

Delia ·

Ek stem saam. Spaar baie eenhede vandat ek n solar buise aan my bestaande geyser gekoppel het.

Nico ·

7 miljoen geisers? Asseblief …. hulle vergeet hoeveel geisers is alreeds op gas, reeds op sonkrag , reeds op volle Solar stelsels. Elke behuisingsprojek het hierdie sonverhitte geisers op, so hulle telling is baie uit. Verder stem ek saam met ‘n vorige inset- hierdie BK gaan bly tot net so 4 weke voor die verkiesing, en dan geen krag onderbrekings tot daarna nie????????

Faraway ·

Kan beurtkrag verminder . . .
So wat is volgende – n verbod om n ketel te kook sekere tye???

Marius ·

Plaas Eskom die geld gebruik om die krag probleem te verminder (die probleem op los is nog te ver vir die mense wat nou daar is) as om studies te doen en redes te soek om die verbruiker te blameer.
Patetiese lot , siestog.

Spook ·

Die een groot probleem met die hittestelling van laer as 55 grade, is dat die ideale omstandighede skep vir die ontwikkeling van “Legionaire’s Disease”. Die swamsiekte ontwikkel in temperature van tussen 45 en 55 grade Celsius, veral in stelsels waar die water herhaaldelik opgewarm word en nie altyd volledig opgebruik word nie. Dit is waarom jy jou gasgeyser op 40-45 grade kan stel sonder gevaar, want die water word verwarm en onmiddelik gebruik

B-Man ·

Tweede paragraaf “…942 000 kWh per uur…” less nie reg nie. Dis nie nodig om weer per uur te sê nie. Dit skep verwarring, want as daardie syfer per uur bespaar kan word gaan ons amper 24 MW per dag bespaar.

Casper ·

Ons gebruik tans ‘n gas geyser en gasstoof.Die geyser se temperatuur is op 55° gestel en dit is warm genoeg.My elektrisiteits verbruik is nie laer en ek sien dit op my rekening.Die geyser gebruik dan ook minder gas om die verlangde temperatuur te bereik.

Casper ·

Geld dit vir ministers en adjunkminister ook of moet die publiek spaar sodat die elite warmer kan bad.Wat ‘n klug

Nettie ·

Sjoe, maar die kommuniste droom vreeslik lekker. Een van die dae gaan hulle vir jou sê hoe lank jy mag stort, wanneer jy mag koffie maak, hoe lank jou yskas mag aan wees elke dag (of geen yskaste… hulle sal vir jou sintetiese kos daagliks laat aflewer of as ‘n pilletjie verskaf), en sommer ook hoeveel mense in jou huishouding mag bly. En hoe lank jou ligte saans mag aan wees voor jy moet afsit en slaap, asook hoeveel ure jy mag slaap. Kommunistiese droom!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis in die pyplyn. Elke verjaardag sal jy wel ‘n koepon kry om ‘n koek gratis af te haal by ‘n staatsbakker.

Papsak ·

Kry julle probleem reg en moenie julle skuld op die verbruiker aflaai nie nou kry geysers weer die skuld vir loadshedding wat is volgende sjoe julle het baie plannetjies

Atta ·

Elke bietjie help vir seker, maar ek wonder of die studie probeer vasstel het hoeveel geysers alreeds 10 grade laer op 55 grade gestel is, of neem dit bloot aan dat al 7 miljoen geysers in SA op die oomblik op 65 grade gestel is? Want as 50% van die geysers reeds op 55 grade is, gaan beurtkrag nie met 1 fase afkom nie selfs al sou die res almal laer gestel word.

Dit sal in elk geval net tydelik die druk op Eskom verlig want ʼn paar jaar gelede was die dryf om alle gloeilampe in die land te vervang met die lae energie led soort en ons kreun alweer (steeds?) onder hoë fases van beurtkrag. Totdat Eskom nie betroubaar elektrisiteit kan voorsien nie is ons besig om onsself te bluf. Intussen lag Sjina al die pad bank toe met al die sonkrag stelsels wat hulle op ons “dump”.

Waarnemer ·

Dank al hierdie sogenaamde gekwalifiseerde turbine passers af….hulle het in Zimbabwe gekwalifiseer en stel weer die oh Rotek Engineering manne aan en ons kragstasies sal wer soos voorheen werk…..6 weke op n GO in stede van 3 maande….

annie ·

Eskom doen navorsing oor wat die verbruikers moet doen sodat hulle niks meer hoef te noem om die probleem op te los nie. En dan moet die verbruikers meer betaal sodat hul skuld weens misdrywe verminder word. Verbruikers moet self iets doen om ‘n bydrae te maak met groen krag maar ook nie te veel nie anders sal hulle beboet word. En die beraming dat laer gyster hitte vir hulle geld gaan spaar maar nie vir die gebruiker nie, is die grootste grap van almal. Groot huishoudings se rekeninge gaan juis styg omdat met hoër temerature water, elke gebruiker koue water bytap wat genoeg warm water vir die volgende persoon laat om nog koue water by sy/haar bad te tap ens. Wat beteken dat meer mense met dieselfde hoeveelheid warm water geholpe raak as wanneer koeler water op dieselfde manier gebruik word want meer warm as koue water sal deur elke persoon gebruik word en die gyser dus meer warm water moet lewer.

Lindy ·

Kom los eerder ons geysers uit en maak plan met al die onwettige konneksies wat orals by die plakkerkampe is ….. dan sal daar aansienlik baie meer krag beskikbaar wees!!

annie ·

So, jy gaan dit daar inwaag? Sedert die NP-dae het niemand dit bv in Alexandra ingewaag om die huur te in van mense wat lekker pasella daar woon en nie vir krag betaal nie. Dit is ‘n lewenswyse geskoei op die ‘waarheid’ dat ‘ons’ so ingedoen word, geskoei op die Sosialistiese ideologie dat werkers altyd ingedoen word deur hul werkgewers. Diesulkes sal eenvoudig net ‘n volgende plan gereed hê. Dit is juis hoekom die alfabet so lank is.

Piet parys ·

So hoe weet julle nie dat geysers al reeds afgestel is nie en dus met al die beurtkrag word dit in elke geval klaar verminder en mense sit nog daagliks hulle geysers af en net aan vir slegs 2 ure . So more oormore word geysers verbied of mense moet n
“Donkie ” hê vir warmwater.

Andries ·

Ek het iewers gelees dat teen 50 grade C ‘n goeie omgewing geskep word vir sekere bakterië om te groei. Vyf en vyftig grade C is blykbaar die optimum temperatuur om jou geiser te stel.

piet ·

Dit hang af hoeveel kragonderbrekings daar is en meer belangrik die hoeveelheid gebruik (hoeveel mense in die huisgesin). As die geyser te laag gestel is, vat dit langer om weer opgewarm te word. Ek reken as die geyser deur net een of twee persone gebruik word, kan die verlaagde temperatuur werk vir beurtkrag maar nie andersins nie (meeste gaan in lou of koue water bad).

Stephen ·

Wat het Suid Afrika gehad voor kerse, donkies en gas geysers? Die goedkoopste elektrisiteit, GEEN Beurtkrag, geen Guptas en ‘n semi-bevoegde regering…..

TrueMan ·

En nadat almal hul geysers op 50 grade gesit het met belo9ftes, is dit weer n vak hoeër

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.