Laerskoolkind verdrink tydens uitstappie

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto; Unsplash)

’n Gr. 6 -leerder aan ’n laerskool in Winterveld, noord van Pretoria, het Vrydag tydens ’n skooluitstappie in ’n swembad verdrink.

Die Gautengse departement van onderwys het dié tragiese nuus Maandag bekend gemaak.

Volgens die departement is die jong seun – ’n leerder aan die Refalotse Primary School – Vrydag bewusteloos in die water gevind nadat sy medeleerders alarm gemaak het. Onderwysers en ouers het die seun dadelik uit die water gebring en noodhulp op hom toegepas.

Hy is egter later met paramedici se aankoms op die toneel dood verklaar.

“Volgens inligting tot ons beskikking het graad 6-leerders, vergesel deur onderwysers en sommige ouers, Vrydagoggend na ’n oord gereis vir ’n skooluitstappie. Die leerders het met hul aankoms by die oord byeengekom vir ’n formele seremonie en daarna middagete geëet,” sê die departement.

Die leerders het ná middagete hul swemklere aangetrek en in die oord se swembaddens onder die toesig van onderwysers en ouers gaan baljaar. Dit is hier waar die jong seun later bewusteloos in die water gevind is.

Die polisie ondersoek tans die omstandighede rakende die leerder se dood.

Die Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane, sal die skool Dinsdag besoek.

“Ons is diep hartseer oor die skielike heengaan van een van ons leerders. Ons betuig ons innige meegevoel met die leerder se familie en die skoolgemeenskap,” sê die LUR.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bre ·

Jack Russ1, ek stem 100% saam met jou. Die verdrinking het NIKS met n vol maag te doen nie. Ek wonder of mense wat 80kg plus weeg, waag om in n swembad te klim. Hulle sal sink soos klippe. (It makes you think hey)

Nettie ·

Innige simpatie aan die familie, skool en vriende.

Ek dink sulke uitstappies moet volgens strenger voorwaardes begin plaasvind. Die kultuur van vertrou dat graad 6 leerders weet van waterveiligheid en kan swem, is nie meer geldig nie

4 liter ·

Stem nie saam dat almal gestaf moet word omdat party nie kan swem nie. Ouers moet mos briewe stuur en sê of sy kind mag swem.

kommentaar ·

Nav die skole wie se name genoem word in die tipe berigte het meeste van daardie kinders nie n benul van waterveiligheid nie

4 liter ·

Laat die ouers briewe gee of hulle kinders kan swem. Stem nie saam met Nettie dat almal – soos alles in die land – gestraf word omdat sommige nie kan swem nie.

Meisie ·

Net soos wat kinders by die huis verdrink al is die ouers daar..

Elize ·

Die groot probleem is vandag mense ken nie hulle limiete nie. As jy nie kan swem nie dan bly jy uit ‘n swembad. Ouers dis jou verantwoordelikheid om seker te maak as jou kind skoolgaande ouderdom is dat hy/sy kan swem. Die kinders is te skaam om te se hulle kan nie swem nie en dan spring hulle saam die res in die swembad en raak so in die moeilikheid. Bemagtig jou kind.

Antie Sarie ·

In graad ses is n kind seker twaalf jaar oud? MAW hy / sy weet of hulle kan swem of nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.