LEAP-beampte een van drie wat in koeëlreën sterf

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

ʼn Lid van die Wes-Kaapse regering se program vir die bevordering van wetstoepassing, alom bekend as LEAP, is onder die drie slagoffers wat Donderdag tydens ʼn skietvoorval in Sobwabile-rylaan in Kaapstad dood is.

Volgens JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het die polisie die drie slagoffers steeds in die voertuig aangetref. “Ongelukkig het al drie aan hul wonde beswyk.”

Een van die passasiers was ʼn LEAP-beampte wat in Mitchells Plain diens doen. Hy was tydens die voorval nie aan diens nie.

Die drie was saam in die voertuig toe hulle aangeval is.

Smith sê die “skaamtelose aanval” is ʼn diep wond vir Kaapstad se direktoraat vir veiligheid en sekuriteit.

“Vir die familie binne ons direktoraat is ʼn besering aan een lid ʼn besering vir almal.

“Ons lede in die direktoraat het in die verlede saamgestaan in hul verbintenis om die stad ʼn veiliger plek te maak. Ons moet nou saamstaan om te verseker dat diegene wat ons verbintenis tot dié saak bedreig aan die pen ry.

“Ek is woedend hieroor en kan die familie verseker dat ons alle moontlike hulpbronne sal gebruik om die moordenaars te laat boet.”

Volgens Smith is talle ondersoekers van Kaapstad se veiligheid- en sekuriteitondersoekeenheid (SSIU)  reeds op die toneel ontplooi om inligting in te samel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jennifer ·

Sal ‘n afgesperde hoë sekuriteits afsonderings self onderhoudende gebied moet bewerkstellig wat die kriminele binne hou waaruit hulle nie kan kom.
Die ding gaan nie einde kry, dit gaan aanhou tot in der ewigheid.

Zilla ·

Lees ek toe nou ‘onderwysers’ in plaas van ‘ondersoekers’. (laaste paragraaf). Wou se die sin maak glad nie sin nie. Wat sou onderwysers dan nou op die toneel soek :)

marius ·

Indien die skaal van straftoemeting nie so drasties omgekeer word dat misdadigers te bang sal wees om ‘n klip op te tel nie sal niks verander nie .

Goldy ·

Kapenaars, druk vir daardie onafhanklikheidsreferendum of begin planne maak om te emmigreer, die misdaad gaan net erger raak soos die ANC afwaarts groei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.