Leerder (16) in klaskamer doodgesteek

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die departement van onderwys in die Oos-Kaap het ʼn span veiligheidskundiges na ʼn skool in Qumbu gestuur nadat ʼn leerder verlede week by dié skool met ʼn skerp voorwerp doodgesteek is.

Mali Mtima, woordvoerder van die departement, het gesê ʼn 16-jarige leerder aan die Shawbury Secondary School in Qumbu, sowat 60 km noord van Mthatha, is Vrydag dood nadat hy in ʼn klaskamer met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

Nooddienste is na die skool ontbied en die leerder is na ʼn plaaslike gesondheidsentrum gehaas. Hy is egter by sy aankoms dood verklaar.

Dit is die tweede sterfte van ʼn leerder wat onlangs in die munisipaliteitsdistrik OR Tambo Inland aangemeld is, het Fundile Gade, LUR vir onderwys in die Oos-Kaap, gesê.

“ʼn Distrikspan is na die skool en gebied gestuur om saam met alle belanghebbendes te werk as deel van die bekamping van misdaad en geweld, asook om die saamneem van wapens skool toe te ontmoedig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hannetjie ·

Ongelooflik dat so iets in ‘n klaskamer kan gebeur…waarom sou mede leerders nie tussenbeide getree het nie?As ouer gasn jou kind vir die dag na ‘n skool vir opleiding…en word vermoor.Dit is so onaanvaarbaar.

Renette Wilson ·

Ek het glad nie foto’s op enige van die berigte nie, het altyd gekry, maar die laaste 2 dae glad nie. Het al probeer om weer Maroela Media aftelaai, maar dit verande niks.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Renette

Dankie vir jou boodskap. Ons ondervind tans ʼn tegniese probleem met foto’s wat van die webwerf na die app toe gestuur word. Jammer vir die ongerief!
Die tegniese span is dringend op soek na ʼn volhoubare oplossing. Lees gerus intussen die nuus sommer direk op maroelamedia.co.za as jy die foto’s op die berigte wil sien. Ek vertrou ons sal sommer vinnig weer foto’s op die app kan vertoon!

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

Johan ·

Julle het nie die vaagste benul wat by hierdie skole aangaan nie. Miskien moet ‘n MM joernalis net so ‘n bietjie ‘n draai maak gedurende skooltyd by skole in die ou Transkei – area. Moet net nie voor 10 in die oggend of na 12 smiddae daar aankom nie (geen onderwysers). Kom kyk hoe dwaal kinders rond op skoolgronde sonder enige onderwysers in sig. Baie gaan net skool toe omdat hulle daar kos kry.

Viss ·

Dit is wat gebeur as jy mense wat nie hulle self kan beheer nie toelaat om op hulle eie aan te gaan. Daar is geen keer aan monsters nie en ‘n regstelsel wat mede mense beskerm nie.

Siel Kunde ·

Solank lyfstraf net nie toegepas word nie, dit is mos erger! Praat tog met die stoute leerders dat hulle dit nie weer doen nie!

Corrien ·

Tuisonderig is die regte ding. Wat sal dit help om wapens te verbied? Misdadigers worrie nie.

Monster ·

Monsters wat in skole toegelaat word en hulle weet dit nie eers nie. Sterkte aan die naasbestaandes

Andrea van Vuren ·

Almal het mos nou gelyke voordele en regte. Besorgde ouers betaal vir hul kinders se opvoeding in ordentlike skole maar moordenaars word verniet toegelaat. Ek bevraagteken die keuringsprosedures. Mammas, offer jul salarisse en luukshede op en gee aan jul kosbare kinders tuisonderrig. Julle kan wel eendag weer terugkeer na jul beroepslewe. Jul kinders kom nou eerste.

Abe ·

Corrien,
Daar is geen moontlikheid dat tuisonderrig kan slaag by hierdie gemeenskappe nie. Die ouers kan blooteenvoudig nie enige soort onderrig gee nie. En hulle het ook geen beheer oor die deursnee kind wat hier aangetref word nie. Dis moeilik om te glo maar die ouers is nog minder instaat tot enige opvoeding of onderrig as die “onderwysers”.

Hanna Hoekom ·

Ons praat nou van dieselfde geslag ouers en grootouers wat “liberation before education” geskree het? Nou ja, toe! Daar pluk julle nou die wrang vrugte.

GM ·

Abe, ek dink nie Corrien sluit die messtekers in by haar tuisonderrig-voorstel nie. Ek glo sy praat van die meer opgevoede deel van die samelewing waar daar nog tussen reg en verkeerd onderskei kan word.

Hab ·

Nie eers lyfstraf sou help vir die elemente nie. Hy sal jou doodsteek met n mes as jy hom pak gee. Ons land het by verre seker nou die ergste kriminele element van enige land daar buite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.