’n Gr. 10-leerder van die Thaba-Jabula Sekondêre Skool in Pimville, Soweto, is Donderdag deur ’n gr. 9-leerder doodgesteek. Die gr. 9-leerder het die ouer seun glo gesteek in ’n poging om sy jonger broer teen ’n geboeliery te beskerm.
Die voorval het gedurende pouse op die skoolterrein plaasgevind.
Volgens die Gautengse onderwysdepartement het die gr. 9-leerder die oorledene vier keer gesteek toe ’n bakleiery uitgebreek het. Hy het ná afloop van die voorval van die toneel gevlug en is sedertdien in hegtenis geneem.
Die beseerde leerder is na ’n nabygeleë hospitaal vervoer, maar het later aan sy wonde beswyk.
Beradingsessies wat deur die departement vir leerders en onderwysers van die skool gereël is, moes Vrydag gestaak word nadat ouers die skool glo bestorm en daarop aangedring het om hul kinders huis toe te vat.
Die skool moes gevolglik vir ’n dag gesluit word, aangesien sommige leerders ook onder mekaar begin baklei het.
“Ons veroordeel die gewelddadige gedrag wat by die skool plaasgevind het ten sterkste. Ons moedig leerders altyd aan om boelievoorvalle aan te meld sodat die nodige dissiplinêre stappe teen die oortreders gedoen kan word. Wraak kan nie ’n oplossing wees nie,” het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, Vrydag gesê.
Lesufi het ook ’n beroep op ouers gedoen dat skoolaktiwiteite Maandag kan voortgaan sodat die nodige ondersteuning aan die skoolgemeenskap verskaf kan word.
“Ons betuig ons innige meegevoel met die oorlede leerder se naasbestaandes.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Geweld is mos nie oplossing vir alles en dis waarmee vandag se kinders groot word. Ek sien swarigheid in ons toekoms, want diè gedrag raak by die dag net erger.
Ja, so gaan dit in lesufi se skole. Dis die vlak waarheen hy alle skole se standaard wil laat val.
Ouers wat Skole bestirm het ook nou al die norm geword.
En dan kan hulle nie verstaan hoekim ons nie ons kinders saam met hulle kinders wat laat skoolgaan nie!!
Dit gaan soos dit gaan omdat mense ni meer hul kinders by die huis voeter as hul stout is nie EN omdat daar nie aan die bloedjies geraak mag word by di skool ni. Ses van di bestes is al wat werk