Leerder sterf toe hy onder bus beland  

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Gr. 6-leerder is dood toe hy onder die wiele van ʼn skoolbus beland het.

Volgens die Gautengse onderwysdepartement het die voorval Donderdagmiddag gebeur toe leerders van die Modiselle Primary School in Ga-Rankuwa ná skool huis toe geneem is.

“Die leerder het glo uit die bus geval en onder die agterwiele van die bus beland,” het Steve Mabona, woordvoerder van die departement, gesê. Dit is in dié stadium nog nie duidelik hoe die seun uit die bus geval het nie.

Die polisie ondersoek tans die omstandighede rondom die voorval. Beraders van die departement was op die toneel en het die leerder se gesin ook besoek.

“Dit is inderdaad verskriklike hartseer nuus. Ons wil ons innige meegevoel aan die familie en die skoolgemeenskap oordra,” het Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, gesê.

Intussen word ʼn saak van strafbare manslag deur die polisie in die Oos-Kaap ondersoek nadat ʼn taxi wat skoolkinders vervoer het Donderdagmiddag deur ʼn goederetrein in die Addo-omgewing getref is.

Volgens die polisie is die bestuurder van die minibus op die toneel dood verklaar terwyl 20 leerders van ʼn plaaslike skool beseer is. Hulle is na hospitale in die omgewing geneem vir verdere behandeling. Een van die leerders het ernstige beserings opgedoen en is per helikopter na ʼn hospitaal in Port Elizabeth geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lettie ·

Ag hoe tragies! Oorvol bus met deur wat aanhoudend oop en toeswaai???? Wonder maar net.

Stofbakkies ·

‘n Kind is dood, dit is verskriklik! Ek wil net noem ek het al gesien hoe kinders regop staan in busse, dit letterlik op en af laat wieg soos hulle spring en hoe hulle halflyf by vensters uithang. ‘n Ongeluk gebeur so vinnig, maar dit lyk my nie kinders van vandag word meer geleer ‘n voertuig is nie ‘n speelplek nie. Ouers gee net nie meer om nie of hulle vermy konfrontasie, kyk maar bietjie hoe kinders saam met hulle ouers in motors optree dan kan mens verstaan dat hulle nie veilig kan wees in openbare vervoer nie. Ons as ouers moet bietjie verantwoordelikheid neem en ons kinders opvoed, maar dit is mos makliker om hulle net hulle sin te gee tog wil ons huil as hulle iets oorkom. Ek sê hiermee nie dit is die kind se skuld nie, ek noem net die feite sodat dit dalk ‘n ander kind se lewe kan red.

Koen ·

@Della. Bid jy? Het nog nie van die stofbakkies god gehoor nie. Maar jy is geseen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.