Leeu in Jhb ‘meer waarskynlik ʼn hond’

(Foto: Pixabay)

Die Dierebeskermingsvereniging in Johannesburg (JDBV) het Maandag in ʼn plasing op Facebook bevestig dat hy verskeie oproepe ontvang het oor ʼn leeu wat oënskynlik in Oakdene ronddwaal.

Volgens Liana Marx, skakelbeampte van die Johannesburgse DBV, was dit egter heel waarskynlik ʼn hond wat mense vir ʼn leeu aangesien het.

“Die JDBV-inspekteurs het dadelik na die dier begin soek, maar ondanks verskeie pogings was daar geen spoor van die leeu nie.

“Ons het Maandagmiddag oproepe gekry van mense wat aanvoer dat die leeu naby The Glen-winkelsentrum gewaar is en inspekteurs is gestuur om ondersoek te gaan instel. Hulle kon egter niks vind nie.

“Ek dink dat iemand ʼn hond of iets vir ʼn leeu aangesien het. Ons het Maandag ʼn paar oproepe ontvang, maar dit was Dinsdag doodstil – ons het nie weer ʼn enkele oproep oor die leeu ontvang nie.”

Sy sê egter dat inwoners op hul hoede moet wees en die DBV dadelik moet kontak indien hulle weer ʼn leeu in die stad sien ronddwaal.

“Ons doen ʼn beroep op mense dat indien hulle die leeu sien, hulle die dier nie moet nader nie en dadelik die diensinspekteur by 083 604 1172 bel.

“Ons is nie seker of dit waar is of nie, maar ons waag nie kanse nie. In Suid-Afrika is alles moontlik,” skerts Marx.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek het ook so ruk terug n leeu gesien maar met nadere ondersoek was dit ‘n boerboel maar n meneer van ‘n boerboel.

Gaitsigubib ·

Ja n “slim” ou sal jy nou niks kan vertel nie, maar van die groot honde wat so slap in die agterlyf is, veral as hy so wegloop van jou af kan nogal soos n leeu lyk as jy ver van hom af is. Dan kan jy nou wel duidelik op die spoor sien wat dit was. Op die foto is spore van n hond.

Gaitsigubib ·

Ek se maklik dis spore van n hond maar nou dat ek weer kyk moet ek se ek nie mooi kan sien nie…

Bolandse Nooi ·

Nè? Het jy al leeuspore van nader bekyk? Hulle toonnaels wys nie want katte (groot en klein) se naels trek in as hulle gewoonweg stap. Honde s’n normaalweg ook. En die foto is van Pixabay – ter illustrasie, alleenlik. Jy sal ook klein voetspoortjies sien wat in die rigting van die groter spore draai – duidelik is dié foto een van ‘n ‘queen lioness’ met ‘n kleintjie om haar.

Bolandse Nooi ·

Ja, die Europeërs glo mos vas hier loop nog leeus rond in die strate in Suid-Afrika. “Meanwhile”, ‘danksy’ die Afrikane-stropers, is dit ‘n skaars gesig selfs in reservate.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.