Leier van ‘Crusaders’ skuldig aan terreurklagte

Harry Johannes Knoesen destyds tydens sy inhegtenisneming. (Foto: Valke)

Die leier van die sogenaamde Crusaders-organisasie wat destyds saamgesweer het om nasionale sleutelpunte, winkelsentrums en informele nedersettings aan te val, is Maandag op alle aanklagte teen hom skuldig bevind.

Harry Johannes Knoesen (64), die vyfde beskuldigde en leier van die Crusaders-organisasie (National Christian Resistance Movement), sal in aanhouding bly totdat vonnisverrigtinge op 10 Junie begin. Hy is Maandag tydens ʼn hooggeregshofsitting in die Middelburg-landdroshof skuldig bevind. Knoesen, wat al verskeie kere in die hof verskyn het nadat hy vroeër onskuldig gepleit het, verteenwoordig homself.

Hy is onder meer skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op die Beskerming van Grondwetlike Demokrasie teen Terreur en Verwante Bedrywighede (POCDATARA) toe hy en sy medebeskuldigdes beplan en voorberei het om op 28 November 2019 die terreuraanvalle uit te voer.

Maroela Media het vroeër berig dat Knoesen, ʼn afgetrede pastoor wat ook in die weermag gedien het, in November 2019 deur lede van die Valke by sy huis in Middelburg in hegtenis geneem is.

Hy is Maandag ook skuldig bevind aan die voorbereiding en beplanning van ʼn terreuraanval in Suid-Afrika, die werwing van persone om terreuraanvalle uit te voer, die onwettige besit van ’n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.

Harry Johannes Knoesen, Riana Heymans, Eric Abrams en Errol Abrams destyds in die hof. (Foto: Twitter/eNuus)

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die ondersoek- en vervolgingspanne vir hul werk geloof.

“Ons is tevrede met die uitspraak. Dit wys weereens dat goeie intelligensie-insameling en toegewyde ondersoekwerk ’n bloedbad in die land voorkom het. Indien die beplande aanval nie gekeer was nie, sou dit tot ’n rasse-oorlog in Suid-Afrika gelei het,” het Lebeya gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat nog twee beskuldigdes en lede van die Crusaders-organisasie, Eric Donald Abrahams (55) en Erroll Abrahams (50), in Desember 2020 gevonnis is. Hulle is broers.

Albei is 15 jaar tronkstraf (waarvan sewe jaar vir vyf jaar opgeskort is) opgelê vir die voorbereiding en beplanning om ʼn terreuraanval uit te voer; vyf jaar tronkstraf vir die finansiering van terreur; vyf jaar tronkstraf vir die besit van ʼn verbode vuurwapen; vyf jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen; vyf jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ammunisie; en vyf jaar tronkstraf vir die onwettige besit van meer as 200 patrone.

Nog twee beskuldigdes, onder wie Riana Heymans, is ook destyds in verband met die terreurkomplot in hegtenis geneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Blikkies ·

Hierdie beweging moet nie verwar word met die ‘Crusaders’ Motorfiets Club nie.

Harley Davidson ·

En vandag 2022 word daar teen huidige benaadeelde minderhede gediskrimineer oor hulle ligte velkleur deur wette soos SEB,kwota sisteme in sport en universiteit toelating en almal huidig en voorheen benaadeeldes dink om verskillende redes dat dit so moet wees….
En is daar enige ras oorlog??

H.A. ·

Hier is al 26 jaar ras oolog. Hier was nog nooit demokrasie nie. Hou nou op om S.A te laat goed lyk in die wereld.

Henri ·

Laasjaar in Julie het daar anargie geheers vir amper 2 weke. Waar is die baasbreine agter dit?

Ek praat geensins goed wat daar aangevoer word hierdie mense blykbaar beplan het nie.

O, ja! En wat van Zuma wat Suid Afrika amper aan die Guptas gegee het?

Jr ·

Maar die wat verantwoordlik vir die KZN riots is niks aan gedoen nie nê. Die saak het net weg gegaan. Twee stelle wette in SA, een vir swartes en een vir wittes

msp ·

Het die man meer skade gedoen as malema? Ek is teen alle geweld, tog dink ek dat “sou” dit waar wees het die man “dalk” 1% skuld en malema 100% skuld juis omdat die man nog geen van die dinge gedoen het nie terwyl malema dinge sê en uitvoer en in alles opsigte deur die hof en regering beskerm word….

Alfred E Neuman ·

Goeie intelligensie indameling? Se agterent. Hulle was verraai deur mede makker/s.

Willem ·

“Ons is tevrede met die uitspraak. Dit wys weereens dat goeie intelligensie-insameling en toegewyde ondersoekwerk ’n bloedbad in die land voorkom het.”
Terwyl daar daagliks ander bloedbaddens onverpoost voortduur, dan wonder ek wat se sodanige bloedbad was voorkom. Absoluut pateties. Sê maar eerder sagte teikens (en so word dinge dan sommer opgeblaas om beter te klink…

Yvonne ·

Kyk na die moordsyfer wat hoed genoem het…..dit is waar die bloed bad alreeds is

Francois ·

Ek wonder wat is diefstal van kragkabels, spoorlyne, selfoontoring batterye anders as terrorisme en hoogverraad omdat dit die funksionering van die land en lamlê van die ekonomie veroorsaak, maar hierdie oortreders loop in die strate rond sonder enige optrede teen hulle? Hierdie mense soos ook die Pretoriusse het nog net die dade beplan maar nog nie uitgevoer nie maar almal word skuldig bevind en tronk toe gestuur. En ons het van die beste regstelsels in die land? Of is die toepassing die probleem?

Maritza ·

Malema is besig met sy ras-oorlog maar hulle noem dit seker iets anders…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.