Lewenslank vir man wat sy vrou vermoor

(Argieffoto: Nico Strydom)

George Motsamai Ntlheng (48) is Vrydag in die Rustenburgse streekhof lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op sy vervreemde vrou en ʼn bykomende 15 jaar vir die moord op haar vriend.

Ntlheng het op 4 Maart 2019 sy vervreemde vrou, Boitumelo Daphney Molabatsi (36) agtervolg. Sy was nie daarvan bewus nie en het na ʼn vriend se huis in Sunrise Park gery.

“Terwyl die vrou in die huis vir haar vriend gewag het, het Ntlheng binnegekom en haar met ʼn mes aangeval. Hy het haar ʼn paar keer gesteek en sy het noodlottige wonde opgedoen,” sê sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Ntlheng het daarna na die huis van sy vrou se kêrel, Emelda Matsho (38), gery. Matsho wou vlug, maar Ntlheng het hom ook met ʼn mes doodgesteek.”

Die Boitekong-polisie is in kennis gestel en Ntlheng is dieselfde aand nog in hegtenis geneem. Ao. Richard Mfaladi van Boitekong-speurders was die ondersoekbeampte en hy het verskeie kere die aansoek om borgtog suksesvol teengestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nie Verbaas ·

N mens kan net wonder watter erge graad van barbarisme in sy gene is.

Frank John ·

Weared, sy vrou se kêrel!!!???.
Sy nie veronderstel om kêrel te hê nie.
Moord natuurlik nie die antwoord nie.

Marcello ·

10 uit 10 vir die Regter. !!!! Kan die straf nie ook vir plaasmoordenaars geld nie. Moontlik sal so straf die moordenaars afskrik.

Di ·

Die tempo wat moord, verkragting en kapings plaasvind sal die korrupte regering vinnig nog TRONKE moet bou! Meer kriminele in die land as wetsgehoorsame burgers

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.