Lewenslank vir moord op geliefde Karkloof-boer

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Lorraine Claasen)

Twee mans is in die Pietermaritzburg-hooggeregshof lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Trevor Murphy (55) in April 2021 op sy plaas in Karkloof in die Howick-omgewing van KwaZulu-Natal.

Lulu Sapholakhe Thusi (42) en Micheck Khumalo (47) het tereg gestaan op aanklag van moord, huisbraak, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ontvoering, sê konst. Thenjiswa Ngcobo, woordvoerder van die polisie.

Maroela Media het vroeër berig gewapende mans het op 23 April 2021 toegeslaan op ʼn plaas in Howick. Hulle het Murphy met ʼn skerp voorwerp doodgesteek en ʼn werknemer ontvoer. Die huis is geplunder en die verdagtes het toestelle, kruideniersware, ʼn vuurwapen en selfone gebuit voor hulle met Murphy se voertuig weggejaag het.

“ʼn Deeglike ondersoek is uitgevoer en Thusi en Khumalo is in hegtenis geneem. Hulle het ʼn paar keer in die hof verskyn voor hulle gevonnis is.”

Murphy was ’n welbekende en geliefde boer in die Karkloof-gebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

quartus ·

dit is tyd om die doodstraf terug te bring. lewenslange tronkstraf is nie eers regtig lewenslank nie.

Dries ·

Ontstellend hoe beskaafde, opgevoede mense wat n bydrae tot die land maak, stelselmatig deur breinlose, onopgevoede uitvaagsels uitgemoor word. Kyk net na die aantal berigte die afgelope paar dae.

Danie ·

Ek stem vir die galg, lewenslank keer nie die volgende plaasaanval en moord nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.