Liggaam in duikpak spoel op strand uit

Cape Recife (Foto: Nelson Mandelabaai-toerisme)

Speurders van die Humewood-polisie in Gqeberha in die Oos-Kaap het Woensdag die gemeenskap om hulp gevra om die naasbestaandes van ʼn man op te spoor wie se liggaam Dinsdag op ʼn strand by Cape Recife uitgespoel het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die liggaam van die ongeïdentifiseerde man is omstreeks 17:20 agter die skietbaan op die strand gevind. Die man was in ’n duikpak geklee.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen. ʼn Nadoodse ondersoek moet egter nog gedoen word om die oorsaak van die man se dood te bepaal,” sê Janse van Rensburg.

Enigiemand wat kan help om die familie van die oorledene op te spoor of kan help met sy identiteit, word gevra om ao. Pumza Vinjwa by 073 508 5102 te kontak. As alternatief kan die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111  gebel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anel ·

Nou vra ek jou, hoe moet mense weet wie die persoon is? GEE ‘N BESKRYWING!!!! Hou tog op om so polities korrek te wees en gee ‘n volledige beskrywing!!!!!

T ·

Dalk ń “Long Shot” soos die Engelse sê…
Dis nie by enige kans dat dit dalk John Matambu is wat 4 weke gelede weggeraak het in Sodwana/Mosambiek waar die boot gekaap is en gebrand is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.