Liggaam in rivier naby Bloemfontein gevind

Argieffoto ter illustrasie. Foto: Pixabay.com.

Die liggaam van ʼn middeljarige man is Saterdag in ʼn rivier in die Glen-omgewing, digby Bloemfontein, gevind.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, sê hengelaars het die middag by die Reinheim Lodge die liggaam van die man in die water sien dryf.

“Hulle het dadelik die polisie van die liggaam in kennis gestel,” sê Mbambo.

“Duikers het die man, tussen 30 en 40 jaar oud, se oorskot uit die rivier gehaal,”

Die man kon nog nie geïdentifiseer word nie.

Die polisie wag nog op die uitslag van die nadoodse ondersoek.

“Die ondersoek duur voort,” sê Mbambo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.