Liggaam in uitgebrande motor gevind

Foto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die polisie in Klipgat, noordwes van Soshanguve, ondersoek ʼn klag van moord nadat ʼn verbrande liggaam in ʼn uitgebrande motor by ʼn sokkerveld in dié omgewing gevind is.

Die polisie is Donderdag ongeveer 07:00 na die misdaadtoneel ontbied, waar hulle ʼn sedan aangetref het wat omtrent heeltemal uitgebrand is. Hulle het boonop die liggaam van ʼn man in die motor se kattebak aangetref.

“Die polisie kan nie tans sê presies wat gebeur het nie, maar ʼn ondersoek na die voorval duur voort,” het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder van Noordwes, gesê. Sy sê die liggaam is moontlik dié van die eienaar van die motor, wat sedertdien as vermis aangemeld is. “Die identiteit van die slagoffer kan egter nog nie bevestig word nie, aangesien die slagoffer onherkenbaar verbrand het en DNS-toetse gedoen sal moet word om die persoon positief te identifiseer.”

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help om die saak op te los, word versoek om die ondersoekbeampte, ao. Thabo Sekgororoana by 082 520 1588 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Margaret ·

Aaklig. n Mens kan net hoop die slagoffer was dood voordat hulle die kar aan die brand gesteek het.

Kathleen ·

ons land het so onveilig geword , 1 van die dae gaan ons wat nie so braaf is nie net by die huis bly , te bang om iewers heen te ry , mens weet nie of jy veilig gaan wees nie . wat ‘n manier om dood te gaan , verskriklik !

Stofdonkie ·

Die “nie so braaf”-mense sal hulself in hulle eie tronke toesluit wyl misdadigers vryelik rondloop .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.