Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê paramedici is na die toneel in Kerkstraat ontbied. Brandbestryders het die brand geblus waarna die liggaam in die kattebak gevind is.
Volgens Mulaudzi is die liggaam nie heeltemal verkool nie. Dit sal dus moontlik wees om dit te kan uitken. “Die saak is aan die polisie oorgegee vir verdere ondersoek. Daar was niemand anders op die toneel met die paramedici se aankoms nie.”
Die oorsaak van die brand sal ook ondersoek word.