Liggaam met haai-bytmerke spoel op strand uit

(Foto: Netcare 911)

Die liggaam van ʼn man wat gedeeltelik deur ʼn haai gevreet is, het op die La Lucia-strand buite Umhlanga in KwaZulu-Natal uitgespoel.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici Vrydagmiddag na die strand ontbied.

“ʼn Man wat op die strand gestap het, het op die ontbindende liggaam van ʼn volwasse man afgekom wat op die strand uitgespoel het.”

ʼn Deel van die man se regter-boarm en regterbors was weg en verskeie haai-bytmerke was duidelik sigbaar op die liggaam, het Herbst gesê.

Volgens Herbst word daar vermoed dat die man verdrink het voordat die haai aan die liggaam gevreet het, maar ʼn nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van sy dood bepaal.

“’n Tweede liggaam is ook op die strand gevind, maar is egter weer in die see teruggetrek voordat lewensredders op die toneel opgedaag het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christine ·

Liewe genade, klink soos scenes uit Jaws. Wie sal hierdie mense wees wat nie aangegee is as vermis nie… Of dalk is hulle.

Thea ·

Kan dit wees!!! Ek weet van 2 mans wat verdwyn het nadat hulle gaan hengel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.