Liggaam op Naval Hill gevind

Argieffoto

Die ontbinde liggaam van ’n man is oor die naweek op Naval Hill in Bloemfontein gekry.

Die Parkweg-polisie het die hulp van die publiek gevra in hul poging om die oorledene te identifiseer.

Volgens lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, is die liggaam Saterdag naby Unielaan gevind.

“Die polisie is om 14:20 na die toneel ontbied en met hul aankoms is ’n man se gedeeltelik ontbinde liggaam in digte bosse gevind. Die oorledene was geklee in ’n swart windbreker, swart jeans met ’n swart gordel en ’n paar swart North Star-tekkies.”

’n Geregtelike doodsondersoek is begin.

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Sello Sethuntsha by 079 889 8385 te kontak of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Perdeby ·

So hy het nie ‘n hemp aangehad nie. Net ‘n broek baadjie en ‘n belt?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.