Liggame uit Vaalrivier gehaal ná ongeluk

Die liggame van twee mans is Dinsdag uit die Vaalrivier naby Oranjeville in Vrystaat gehaal. (Foto: SAPD)

Die liggame van twee mans is Dinsdag uit die Vaalrivier naby Oranjeville in Vrystaat gehaal, terwyl dié van ’n derde persoon steeds soek is.

Maroela Media het Dinsdag berig dat duikspanne van die SAPD na die toneel ontbied is waar ’n ligte motor glo teen ’n versperring op die Magrieta Prinsloo-brug gebots en in die water beland het.

Die mans is intussen deur naasbestaandes as Lucky Hlapo (20) en Thugela Mnguni (34) uitgeken.

“Polisieduikers is nog op soek na ’n derde man wat vermoedelik verdrink het. Die motor is ook gevind en sal binnekort uit die water gehaal word,” sê brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Maandag bevestig dat die motor 23 m onder die wateroppervlak opgespoor is.

Volgens Makhele ondersoek die polisie ’n saak van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.