Limpopo-burgemeester in huis doodgeskiet

Moses Maluleke, burgemeester van die Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit in Limpopo is Donderdagaand doodgeskiet. (Foto: Facebook / Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit)

Die burgemeester van die Collins Chabane- plaaslike munisipaliteit in Limpopo is Donderdagaand in sy huis doodgeskiet. Sy 18-jarige seun is ook in die voorval beseer.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, sê drie onbekende verdagtes het Moses Maluleke (56) omstreeks 19:00 in sy huis in Saselamani oorval en geld by hom en sy seun geëis.

“Hulle is glo geskiet nadat hulle nie aan die verdagtes se opdragte gehoor gegee het nie,” het Mathe gesê.

Maluleke is op die toneel dood verklaar terwyl sy seun na ʼn nabygeleë hospitaal vir behandeling vervoer is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord. Die polisie het ook sy 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel om die verdagtes op te spoor.

Genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het ʼn opdrag aan die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Thembi Hadebe, gegee om die maksimum hulpbronne te ontplooi om die skuldiges vas te trek.

Lede van die gemeenskap word versoek om met enige inligting vorendag te kom wat die polisie in hul ondersoek kan help. Dié inligting kan by die Saselamani-polisiestasie of die polisie se Stop Misdaadhulpdiens by 086 001 0111 aangemeld word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hennie ·

Raak nou rustig asseblief. Dis net die ANC se manier om hul verkiesings lyste voor te berei!

Pietertjie ·

Dink net daai aksieplanne word in werking gestel met elke plaasaanval…

Waarnemer ·

En sal die polisie hulle 72 uur aktiwiteitsplan in werking stel waar n 56 jarige blanke boer en sy vrou dood geskiet word? Of n 81 jarige boer vrou verkrag en vermoor word?Ek vra maar net.

SjN ·

Gaan Sapd se verskoning ook wees dat hul tans nie voertuie het nie, dubele standaarde wat aksieplan aanbetref, wat van plaasaanvalle? moontlike interne transaksie wat skeef geloop het en vinnig intern uitgesorteer is.

Swerwer ·

Dit is net die ANC/EFF om te blameer, niemand anders nie. Simpatie en Medelye aan Moses Maluleke
se familie. Mag die Seun spoedig herstel en die trauma verwerk.

Anel ·

Hulle is gou om ‘n 72 uur aksie plan in werking te stel vir een van hulle. Wanneer gaan ons dit hoor wanneer ‘n vrou verkrag, ‘n bejaarde vermoor of ‘n plaas aanval en moord plaas gevind het? Wonder maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.