Limpopo-ongeluk eis vier

Die R71 digby Tzaneen is tans vir verkeer gesluit (Foto: Limpopo Department of Transport and Community Safety, Facebook)

Vier mense is dood en ses ernstig beseer toe ʼn motor en ʼn bakkie Maandag op die R71 buite Tzaneen in Limpopo reg van voor gebots het.

Volgens Mike Maringa, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, het ’n Toyota-sedan ʼn ander motor naby die Lushof Lodge verbygesteek en kop aan kop met die bakkie, wat in die aankomende baan was, gebots.

“Die bestuurder en drie passasiers in die sedan is op slag dood. Die bestuurder van die bakkie en nóg vyf passasiers is ernstig beseer,” bevestig Maringa.

Die beseerdes is na die Van Velden-hospitaal in Tzaneen gehaas vir verdere mediese behandeling.

“Voorlopige ondersoeke dui op roekelose bestuur as die oorsaak van die ongeluk.”

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer in Limpopo, pleit by motoriste om verkeersreëls te gehoorsaam en by die spoedgrens te hou. Sy het motoriste ook gevra om ander motors veilig verby te steek.

Die R71 is tans vir verkeer gesluit.

“Motoriste wat tussen Tzaneen en Phalaborwa reis, moet van alternatiewe roetes gebruik maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.