Lisensiesentrums in Pretoria sukkel weens eNatis-stelselfout

(Foto: Maroela Media)

Motoriste in Pretoria kan moontlik Donderdag probleme ervaar met aansoeke vir bestuurslisensies en voertuigregistrasies.

Verskeie lisensiesentrums in die stad ervaar tans probleme met die eNatis-stelsel.

Volgens die Tshwane-metro raak die stelselfout tans aansoeke vir bestuurslisensies en voertuigregistrasies by die volgende sentrums: Akasia, Bronkhorstspruit, Centurion, Rayton en Waltloo.

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) gee tans aandag aan die probleem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marius ·

Patete !!! Die hernuwing was afgeforseer met die doel om geld te maak uit padverbruikers uit. Nou is hulle te sleg om die werk te doen en om hul stelsels in stand te hou. Waar gaan al die geld wat betaal word vir die hernuwings van bestuurs lisensies en die admin fooie daarop ?

domheks ·

Ten duurste aangekoop – en ons betaal nog steeds aan die gemors! Waat is die SLIM mini-ster nou?

Eden ·

Die hele stelsel het natuurlik etlike miljarde gekos, maar daar is altyd “challenges”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.