Lohatla-brand: Name bekend van ses soldate wat sterf  

Brand by Lohatla (Foto via Sanwu/Facebook)

Die weermag het die name bekend gemaak van die ses weermaglede wat dood is nadat ʼn brand ʼn spoor van verwoesting by sy Lohatla-weermagbasis gelaat het.

Drie soldate het tweedegraadse brandwonde opgedoen en is na hospitale in die omgewing geneem terwyl baie ander ligte beserings opgedoen het in die brand by die weermag se gevegsopleidingsentrum.

Die lede wat gesterf het, is geïdentifiseer as s.sers. Abraham Desember Morajane, s.sers. Sipho Berrington Cele, kpl. Sithembiso Wiseman Ndwalane, kpl. Noxolo Faith Ngubane, o.kpl. Prince Michael Mthethwa en o.pkl. Londiwe Purity Zulu.

Genl.maj. René Mercuur van die Suid-Afrikaanse Leër het gesê die soldate sal met liefde onthou word vir hul vreesloosheid, opoffering en uitdagende gees in hul militêre loopbane.

Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane, genl. Rudzani Maphwanya, hoof van die weermag en lt.genl. Lawrence Mbatha, hoof van die leër, het hul innige meegevoel met die families, vriende en kollegas van die oorledenes betuig.

Pres. Cyril Ramaphosa het intussen sy hartseer oor die voorval uitgespreek en ook sy innige meegevoel betuig.

Die jongste voorval volg op ʼn ongeluk op 20 September naby Postmasburg in die Noord-Kaap waartydens vier lede van 8 SA Infanteriebataljon (8 SAI) gesterf het. Die tragedie het op dieselfde dag plaasgevind toe drie lede van die vloot naby Kommetjie in die Wes-Kaap dood is toe ʼn golf hulle van ʼn duikboot afgeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Harley Davidson ·

Hoe gebeur so iets by ‘n weermag kamp ek wil sover gaan en sê ek dink die weermag met die bruin uniforms sou so ‘n voorval nie gebeur het nie.

vuurvliegie ·

Stem 100% saam. Ons het tydens oefeninge ook by Leer Geveg Skool ernstige brande gehad. Ons het dit self gebuls deur met Ratels om hulle te ry. Die stof het dan die vuur doodgemaak. Lyk my al die “Known How” is weg uit die weermag.

Colin ·

Wel, daar het troepe by ons basis doodgebrand agv ‘n weghol veldbrand tydens my diensplig tydperk. Ons het bruin uniforms gedra…

Anon ·

Hulle kon alarm maak en die basis laat ontruim dan het 7 mense dalk nog gelewe.

Republikein in die Wes Kaap ·

Was daar ooit ‘n Veiligheid en Sekuriteitspan?

Carel ·

HOE brand ‘n hele militêre basis af & verloor jy dosyne voertuie met ‘n veldbrand wat van VER af STADIG nader kruip aan die basis???
Net EEN verduideliking. Daar was niemand in die basis gewees nie’ almal was AWHOL (kroeg?)
As ‘n bevelvoerende offisier nie eens ‘n veldbrand kan bestuur nie & ‘n hele basis verloor . . . wat gaan gebeur wanneer hulle onder vyandig vuur kom????? Daar is GEEN TEKEN van organisasie of bevel struktuur hier ter sprake nie . . . maar nou ja . . . Our People’s Army / wat verwag ons??

Republikein in die Wes Kaap ·

Dit het maar so gegaan by MK se basisse in Angola en ander plekke in Afrika. Die SANDF is nou op daai vlak.

Elma ·

Ek dink nie jy besef hoe erg die wind die tyd van die jaar in daardie omgewing waai nie, Veldbrande loop binne minute, veral wanneer daar nog nie noemenswaardige somer reens geval het nie. Vra enige boer.
INNIGE SIMPATIE AAN DIE OORLEDENES SE FAMILIES.

Anon ·

M.a.w, niemand het rook gemerk nie. Niemand het rook geruik nie. Niemand het opdrag gegee om te ontruim nie. Nee, dit glo ek beslis nie.

Elma ·

My kommentaar is gelewer op die mening dat die vuur van VER af STADIG naderkruip. Nie op enige sigbare rook of ontruiming nie. Al wat ek sê is dat n brand beslis nie STADIG kruip nie.

Danie ·

Dit gebeur dieselfde as munisipaliteite wat se dienste misluk. Geen instandhouding. Die hele land gaan nog afbrand want hulle het net nie die kennis en vermoe om te bestuur nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gift of the Givers het darem kos, klere en vars water aan die soldate verskaf. Die Noordkaap regering verskaf mediese en sielkundige hulp. Die SANDF kan nie meer na sy lede omsien nie. Tragies.

Amelia ·

Dis snaaks alles nou so brand gelukkig is daar mense wat weet wat is waarheid

Alexander ·

En moenie van die hittegolf vergeet :) al die mense wat deesdae iets sinisters “weet” wat die res van ons nie “weet” laat Fatboy Slim se Star 69 tussen my ore speel :D

Colin ·

Janee, almal wil ‘n comlnspiracy agter elke bos uitskop. Ons het drie baie goeie reënseisoene gehad. Die brandbare matriaal is baie. Die winde waai woes dis warm en die veld is petrol droog. Perfekte kombinasie vir verwoestende brande

George ·

Kyk n mens so na die verval van die SAPD…die Korrektiewe Dienste…die SANW dan weet ons almal wat die antwoorde is wat daar gebeur…swak beplanning ..swak bestuur en opleiding…geen risiko bestuur ,.. so kan ons maar net aangaan en die legkaarte word voltooi

Harley Davidson ·

As dit net swak beplanning was maar hier is geen beplanning, hulle gaan van dag tot dag maand na maand.

Impact ·

Jip wil mos sulke oefeninge doen as dit droog is en geen reen in sig – die veld het natuurlik vlam gevat en kon nie gekeer word weens die sterk winde nie…..hoe onnosel kan ‘n mens nou wees. Dit gebeur as die weermag deur die kaders beheer en bestuur word – geen struktuur/geen paraatheid eintlik wil ek se daar is net fakkal!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ou SAW sal blameer word vir die basis se swak beplanning.

Papsak ·

Ek stem met die weermsg met die bruin uniforms so so iets nooit gebeur het nie hoekom dit was netjies gewees hulle kon maar want weet wat hulle doen

Colin ·

Wel, dit het gebeur. Tydens my diensplig tydperk het daar troepe doodgebrand in ‘n weghol veldbrand naby ons basis. Daar het meer troepe tydens opleiding gesterf as in die hele bosoorlog tydperk. Tragiese ongelukke gebeur. En ek weet nie of al hierdie “experts” van brande al betrokke was by van hierdie verskriklike brande wat ons op die platteland tref met gepaardgaande winde van 60-70km plus nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.