Lokval gestel vir twee met olifanttande

(Foto: Verskaf)

’n Egpaar het Donderdag in die landdroshof in Bloemfontein, Vrystaat, verskyn vir die besit en verkoop van olifanttande.

Jan Marthinus Blomerus (44) en Susan Carol Blomerus (43) is op borgtog van R1 500 elk vrygelaat en sal na verwagting weer op 24 Februarie in die hof verskyn.

Volgens kapt. Christopher Singo, polisiewoordvoerder, het die Valke Woensdag inligting ontvang oor twee verdagtes wat olifanttande in Bloemfontein wou verkoop.

“Die Valke het ’n lokval vir die verdagtes gestel deur voor te gee om die olifanttande by die verdagtes te koop,” sê Singo.

“Die verdagtes het ingestem en die lede van die Valke ontmoet. Tydens die ontmoeting het die verdagtes twee olifanttande ter waarde van R60 000 aan die lede van die Valke gewys.”

Die verdagtes is net daar en dan in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Prinses Bella ·

Sies… dis al wat ek kan sê. Soveel onskuldige, goeie mense wat daagliks sterf, dan loop daar sulke swak karakters lewend rond.

ES ·

Maak nie saak nie Grassie, jy het ‘n permit nodig om olifanttande te koop of verkoop – al is jy die eienaar van die tande.

Phillip ·

Goeie Advertensie vir OUT surance hoor . Dalk Is dit verseker by Out Surance

Nico ·

Hierdie is nie rou of onbewerkte olifanf tande nie. Die valke kan nie eers die verskil sien tussen verwerkte of rou olifanttande nie.

Benn ·

Rerig??? Dit is duidelik oud en dalk al lank in die familie. Dalk wou hulle dit verkoop omdat dit vir hulle ‘n morele probleem is om dit he.

ES ·

Sorry maaitjies – jy het ‘n permit nodig om olifanttande te koop of verkoop. As jy nie die nodige permitte het nie is jy skuldig aan die onwettige handel in olifanttande.

Hulle het dalk nie geweet nie en gaan ‘n wille boete kry of opgeskorte vonnisse. Dis nou ‘n manier om kriminele rekord te kry…

Robert ·

Gaan lees weer, enige tande wat voor 1947 geskiet was is geen permit nodig nie.

madels ·

Ag man dis nou uiters belaglik!!! :-(. Dis nie Rou olifant tande nie!!! Wat is hul probleem! Gaan soek eerder kriminele wat vrylik rondloop en gooi hulle in die tronk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.