Lonmin ontken afleggings

Argieffoto

Argieffoto

Lonmin het Maandag ontken dat hy beplan om meer as 5 000 werkers af te lê by sy myne in Marikana buite Rustenburg in Noordwes.

Vakbonde het Maandag gesê dat hulle onbewus is van Lonmin se beweerde voorneme om nagenoeg 5 700 werkers af te lê.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, het egter gesê hy is nie verras nie. “Ons het gewag vir so iets om te gebeur.”

Hy sê Lonmin het tydens loononderhandelinge gesê dat van sy skagte nie genoeg wins maak nie.

“Ons is tydens die onderhandelinge ingelig dat afleggings onvermydelik is. Die maatskappy het egter nog nie formeel met ons gekonsulteer oor die beplande afleggings nie.”

Amcu en NUM het ook gesê dat hulle nie bewus is van die beplande afleggings nie.

Amcu-lede by Lonmin, Implats en Amplats het in Januarie vanjaar begin staak en ‘n basiese salaris van R12 500 geëis. Die staking het op 24 Junie tot ‘n einde gekom nadat ‘n ooreenkoms bereik is.

Amplats het op 21 Julie aangekondig dat hy beplan om van sy myne te verkoop.

Die SABC het intussen berig dat Lonmin ontken het dat hy beplan om van sy werkers af te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.