Luislang maak polisiehond in hok dood

Bina, ‘n Belgiese herdershond, is as dwelmsnuffelhond opgelei. (Foto: SA Polisie)

Die provinsiale polisiehoof in Limpopo het hulde gebring aan polisiehond Bina, ʼn Belgiese herdershond, ná ʼn luislang haar Saterdag in haar hok by die Lephalale-honde-eenheid doodgemaak het.

Bina was sewe jaar oud en is by die polisie se hondeskool by Roodeplaat as dwelmsnuffelhond opgelei. “Sy het haar bewys as een van die uitblinkers by die polisie se Lephalale-honde-eenheid en het gehelp met die oplos van dwelmverwante sake in die provinsie,” sê kol. Malesela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die polisiehond het kort voor haar dood nog gehelp met die inhegtenisneming van drie verdagtes wat met dwelms van sowat R75 000 op Lephalale betrap is.

Sy sal na die Roodeplaat-veearts vir ʼn nadoodse ondersoek geneem word, sê Ledwaba.

Bina. (Foto: SA Polisie)

“Die honde het die vermoë om by plekke in te gaan waar ʼn gewone lid nie sal kan nie; hulle kan inkriminerende items, of bewysstukke, uitsnuffel deur net hul sintuie te gebruik.

“Hulle is beslis deel van die polisiefamilie. Dit is ʼn groot verlies vir die eenheid en die provinsie,” sê lt.genl. Thembi Hadebe, polisiehoof in Limpopo.

“Rus goed, Bina.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Delia ·

Baie vreemd. So niemand het niks gehoor. Daai hond sou onophoudelik geblaf het. Iets is vreemd hier.

Anel ·

Waar was die torsig? Hoe het die enorme slang in die hok gekom? Hoe lank het die moes die hond nie baklei het nie en niemand het gehoor nie? So ‘n slang het nie net opgedaag, in die hok geklim en die hond halfpad ingesluk nie. Daai slang moes al ‘n rukkie in daardie kamp gewees het. Wat ‘n vreeslike dood het daardie arme hond nie gelei nie!!! Daardie arme hond is dood agv nalatigheid aan die kant van die hanteerders en die skoonmakers en die persoon in bevel!!! Julle is almal onbevoeg om diere in julle besit te hê!

Jason ·

Ek weet nie hoekom mense altyd dink dat daar iets verdag is nie. Ek onthou jare terug toe my oom op die honde eenheid in Durban was dat hulle 4 honde verloor het in 8 maande agv van slange. N mense kan nie permanent die honde dop hou. Dit is tragies maar mense moet hulle conspiracies bietjie drop en hulle foil hoedjies afhaal en anvaar dat natuur soms haar way gaan kry of jy nou daarvan hou of nie

trotsNAMSA ·

Ek kon nie help om deur my trane te lag vir die “storie agter die storie”. Polisie honde soos alle honde blaf die heeltyd, nog erger as daar +-12 honde op die terrein is. Dit is ‘n tragiese gebeurtenis, dis al !
My liefde BINA rus in vrede en dankie vir jou diens.
Simpatie aan die hanteerder en res van die K9 eenheid.

Bolandse Nooi ·

@Jason, dis ‘n ander saak as ‘n giftige slang in die “kennels” inseil, ‘n hond (of 4) pik en sodanige diere dan sterf oornag voor die “kennel manager” die volgende oggend opdaag. Hierdie arme hond is deur ‘n massiewe LUISLANG doodgedruk of doodgewurg … en halfpad ingesluk. Dis nie iets wat binne 5 minute gebeur nie. Die ander honde sou ook alarm gemaak het. Dit dui daarop dat daar NIEMAND was om ondersoek in te stel en moontlik die insident te voorkom nie.

Delia ·

En ja, n luislang het haar doodgemaak….n nadoodse ondersoek word gedoen. Interessant

Andre ·

Ek sien die pienk bril brigade is weer aan diens vanoggend. Snaaks hoe hulle altyd selektief op sekere berigte kan kommentaar lewer maar as dit nie hul liberale narratief pas nie, is hulle skoonveld.

TO ·

Nee ek ruik ‘n rot. Sal die hond nie blaf, nie tjank dat sy gehoor kan word. Wat ‘n wrede dood moes sy sterf. Hoekom is sy in ‘n hok, so dier wat haar lewe elke dag moes waag hoort in ‘n huis in ‘n beskermde omgewing. Nee wat doen maar bietjie julle skoolwerk

JohanR ·

Ek het in Rhodesia op die plaas gesien hoe van ons honde na hulle ‘n slang uit ‘n gat gehaal het naderhand begin rond wankel, naderhand gaan le en hulle is weg. Jy kon maar probeer om hond weg van die gat te hou maar ter vergeefs. Nie ‘n mooi gesig om ‘n hond te sien dood gaan van ‘n slangbyt maar as jy soe ver uit die dorp uit is is dit maar moelik om betyds by ‘n veearts te kom. Miskien moet die polisie kyk om honde te huisves waar slang se kind nie kan in kom nie.

Papsak ·

R.I.V BINA daar dalk n ander storie agter die storie so jammer shame mooi dier

Protea ·

Daar is niks verdag hieraan nie. Dit wat gebeur het is die waarheid. Bina was ‘n absolute uitblinker. Die lid s getraumatiseerd, en die bewyse is daar.

Danie ·

Dit sal seker nie die eerste geval in SA word nie.Klink maar effe verdag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.