Hugo Vermeulen, hoof van Helpende Hand se skoleondersteuningsentrum (SOS) het met Esté Meyer Jansen gesels oor sy indrukke van die 2015-matriekuitslae wat verlede week bekendgemaak is.
Terwyl Hugo glo daar is rede tot kommer, is daar ook ʼn paar ligpunte soos Afrikaanse openbare skole wat jaarliks uitstekende slaagsyfers lewer. Hy verduidelik ook waarom ʼn provinsie soos die Oos-Kaap so swak gevaar het en watter aspekte van onderwys die meeste aandag sal moet kry om die resultate in die toekoms te verbeter.