Dominee Henk Stavast van die Gereformeerde kerk Totiusdal en Derik Francis van die NG kerk Moreletapark in Pretoria gaan Maandag op hulle fietse spring en ʼn fietstoer van meer as 6 000 km deur Suid-Afrika aanpak.
Hulle doen dit om bewusmaking te skep vir die hofsaak waarin ses Afrikaanse skole voor die hof gedaag word in ʼn poging om skole te verbied om godsdiens te beoefen.
Esté Meyer Jansen het met Stavast en Francis oor die fietstoer gesels.
- Jy kan die manne se fietstoer volg op die Hou God in Skole Facebook-blad of deur die webwerf houGodinskole.co.za te besoek.
Voorspoed en mag God se genade met julle wees op die aardse pad wat julle gaan aanpak.
Mag julle doelwit vrugte afwerp.
LAAT DIE WIELE ROL !!
Sterkte met jul groot projek. Sal julle elke dag volg vir ondersteuning. Glo julle doelwit gaan vrugte afwerp. Voorspoed, God se ganade sal met jul wees.