LUR reageer ná adjunkburgemeester in twee huise vasjaag

Sipho Hlomuka, KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Foto: kzncogta.gov.za)

Sipho Hlomuka, KwaZulu-Natalse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, het die Newcastle-munisipaliteit opdrag gegee om ondersoek in te stel ná sy adjunkburgemeester Reuben Molelekoa in twee huise in Osizweni- informele nedersetting vasgejaag het.

Molelekoa het na bewering onder die invloed van alkohol bestuur toe hy Dinsdag om middernag met sy amptelike motor in ʼn huis vasgejaag het. Die ongeluk het ook skade aan ʼn tweede huis aangerig.

“Die departement is verlig dat daar geen lewensverlies was tydens die voorval nie. Kragtens die Wet op Munisipale Stelsels het ek die speaker van die Newcastle-munisipaliteit versoek om die voorval te ondersoek en so vinnig as moontlik terugvoer te gee,” het Hlomuka gesê.

“Die bewerings word tans in ʼn baie ernstige lig beskou. Dit sal voortydig wees om enige gevolgtrekkings te maak voor die ondersoek afgehandel is.”

Niemand is beseer tydens die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Op Parool ·

Niks sal gebeur nie, die comrades is bo die wet verhewe.

Alida X ·

Onder die invloed van alkohol. Hoop daar is bloedmonsters geneem.
Nee, hy is seker eers geleentheid gegun om sy roes af te slaap voordat bloed, indien enige, getrek is.
Dronkbestuur is vir normale mense strafbaar.
Siende dat hy onder burgemeester is sal daar ‘n nuwe, beter en veiliger kar aangeskaf word.
As ek my kar stamp is dit my probleem.
As hy sy kar, wat hy nie gekoop het nie, stamp is dit die inwoners se probleem.
Ek weet enige persoon kan ‘n ongeluk maak. My probleem is net dat daar vir hulle geen gevolge is nie.

JohanR ·

Die man was dronk dronk dronk verby. Maar los dit maar daar. Hy is ANC, en nogal ‘n ANC adjunkburgermeester, soe die saak sal aangaan en aangaan vir twee jaar en dan verdwyn. Ons weet by nou al dat niks gebeur met ‘n ANC. Dink maar aan Tony Yengeni, en sy gesuipery agter die wiel van ‘n sportsmotor.

Boertjie ·

Niks gaan gebeur nie want dit was in n informele nedersetting so die reels geld nie!!!

jakes ·

Nee wat, sy gedrag is glad nie onvanpas nie. Kon alkohol gewees het, het dalk nog nooit kar bestuur nie of hy moes iets teen die wet doen om in aanmerking te kom vir bevordering tot burgermeester.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.