LUR sê hawelose nié by Pta-hospitaal weggewys

Dr. Bandile Masuku, LUR vir gesondheid in Gauteng, (Foto: Twitter)

Die Gautengse LUR vir gesondheid sê bewerings dat ʼn hawelose man toegang tot ʼn hospitaal in Pretoria geweier is voordat hy later buite die hospitaal dood is, is van alle waarheid ontbloot.

Maroela Media het vroeër berig daar is met ʼn ondersoek na die voorval begin, ná bewerings dat gesondheidsorgwerkers die man Dinsdag toegang tot die Tshwane-distrikshospitaal geweier het. Hy was glo te vuil.

Die man het buite die hospitaal inmekaargesak en het later daar gesterf.

Mothomone Pitsi, hoofdirekteur van die Tshwane-gesondheidsdistrik, het vroeër aan Maroela Media gesê voorlopige inligting het daarop gedui dat die oorledene nié by die hospitaal om hulp aangeklop het nie.

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, dr. Bandile Masuku, het Sondag gesê die ondersoek na die voorval wys nou beslis dat die man nié in enige stadium weggewys is nie.

“Die geslote kringtelevisiemateriaal buite die Tshwane-distrikshospitaal wys dat die hawelose man wat na bewering weggewys is, in der waarheid nooit die hospitaal binnegegaan het nie, maar net buite die hospitaal gesterf het,” het Masuku gesê.

“As ʼn departement betreur ons sy dood en wil ons ons medelye met sy familie en vriende betuig.

Die liggaam buite die Tshwane-distrikshospitaal. (Foto: Lynette van der Merwe)

“Ek wil Suid-Afrikaners ook weer eens daaraan herinner dat die Handves van Menseregte dit onomwonde stel dat toegang tot gesondheidsorg ʼn basiese mensereg is en niemand dus toegang tot gesondheidsdienste geweier kan word nie,” het hy gesê.

Die LUR het ook gekap na Crezane Bosch, die DA se woordvoerder vir maatskaplike ontwikkeling, wat aangevoer het dat die man mediese sorg geweier is, en het haar gevra om met bewyse na vore te kom oor die bewering dat die man by die hospitaal weggewys is.

Bosch kon nie Maandag onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

ZeeBee ·

Net nog nuus. My pa moes vir ‘n kennis laas week ‘n guns doen en ‘n vriend gaan haal by die ou gedeelte van HF Verwoerd hospitaal. my pa self 73 kan nie die man aleen in rolstoel sit en voertuig toe vat en weer uit rolstoel uithaal in voertuig in nie. by die te huis waar my pa hom vat is daar hulp .Om hulp by hospitaal te kry het my pa gekos om amper rondom die hele hospitaal te loop. Uiteindelik word hy gewys waar kry hy die portiere wat hom moet help. Hy klop aan die geboutjie (kamer) die persoon binne wys vir hom hy moet omloop. Uiteindelik by die deur, en daar sit 3 PORTIERE binne voor ‘n verwarmer. Nie op hul pos waar hulle die pasiente dadelike kan help nie. En toe moet my pa vra dat 2 kan kom help want een is te min. Dis ‘n skande, hy moes behoorlik gat lek vir hulp.

DS ·

Kom ons hoop Crezane Bosch het WEL bewyse sodat die eier op die LUR se gesig kan wees. Haweloos of ryk die mediese sorg in Suid Afrika is skokkend.

Gollie ·

Hulle beskerm almal mekaar ,hulle dink net aan hulself,maar God is groot hy sien die wat onderdruk word.

marous ·

Reg om basies dood te gaan as jy enigsins naby ‘n hospitaal kom . Dis die waarheid

Tanya ·

Stem saam!!! Een van my werks kollegas was 3 keer kliniek toe en 1 keer hospitaal toe met sy 2 jarige wat se been opgeswel was. Elke keer weggewys en vertel niks is fout. Week later is sy dood en hul se dit was iets met haar longe te doen, wat jou been met longe te doen het gaan my verstand te bowe,maar hoe kan 4 dokters/susters jou KIND wegwys en NIKS voel as sy doodgaan nie, daar is GEEN mense deernis nie, dis n skande!!!!!

emily ·

Hulle almal voel vere om ons te help, Hulle sit daar vir die geld.
Wonder net hoekom nie ander werk soek as hulle te sleg is om hulle werk te doen.
Ek sit elke maand voor 5uur by Steve Biko en die diens is beroerd, Of dit reen, hael, sneeu Wat ookal, Ons staan in daai koue en vergaan. Al wat ons kry is beloftes.
Die ding is hulle dink by hulself, Jy kan nie medies bekostig nie, So jy sal maar moet staan. Hoeveel ou mense is elke maand daar, wat skaars kan staan, Maar daar word net gese, Sorry there is nothing I can do, you must wait your turn.
Die staats hospitale is useless verby.

Liza ·

Wel my suster wat in motor ongeluk nadat n taxi oor stopstraat gejaag het..Ambulans haar na Odendaalsrus hospitaal geneem en sy het hele middag daar gesit tot aand en hul haar toe huis toe gestuur wat hul kan nie plate neem of help nie …dit nadat haar ribbes ,sleutelbeen eb blad been gebreek is…Sy toe die volgende oggend Bongani hospitaal welkom toe en ook daar 2 dae gewag voor hul plate geneem het..Sy na week huis toe gestuur want hul kan konsuis niks vir haar doen nie. Sy lê nou maar by huis in vreeslike pyn met 2 pakke penados….pateties verby. Hul voel net niks vir mense..o ja daar nie eers toiletpapier in hospitaal nie..dr sê haar kanse ook groot om verkrag te word en dan sit hul nog met daai probleem ook????

magda ·

was die LUR DAAR?????????????? Nee want hy gee nie om vir mense wat minder as hy het nie, hy gaan op die woord van die hospitaal personeel, wie sal nou ‘n hawelose glo .. EK SKAAM MY

Ep ·

Masuku dink jy regtig ons sal jou glo as anc lid Never!!!! Was jy daar? Het jy regtig video gesien wat seker verander is om jul korrupte anc te glo? Nou wonder ons is jy regtig n dr?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.