LUR waarsku oor die weerhouding van rapporte

Argieffoto

Mmaphefo Matsemela, die LUR vir onderwys in Noordwes, het skoolhoofde gewaarsku dat geen skool gemagtig is om leerders se rapporte te weerhou nie.

Dit volg nadat die onderwysdepartement verskeie oproepe van ouers ontvang het dat hul kinders se rapporte geweier is weens agterstallige skoolgelde.

Matsemela het skole daaraan herinner dat die Skolewet bepaal dat geen leerder om enige rede ʼn rapport geweier mag word nie.

“Hierdie regulasie is van toepassing op openbare asook private skole vanaf graad R tot graad 12. Die versuim om hieraan te voldoen is ’n ernstige oortreding van die wet,” het die LUR verduidelik.

Die skole het Woensdag gesluit en sal middel Januarie 2020 heropen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Schalla ·

Kan skole toegang weier vir die vlg akademiese jaar aan leerlinge met agterstallige rekeninge?

Ek wonder maar net watse voet skole of enige instansie het om op te staan wat dienste of ‘n produk lewer waarvaar nie betaal word nie om die geld aan hul verskuldig in te vorder?

As jy by ‘n supermark iets by die til oplui wat jy nie voor kan betaal nie moet jy dit teruggee. Ek wonder hoe lank dit nog gaan wees voor hulle sê ook dit is taboe?

Asjas ·

My skoolgeld was vir die jaar vooruit betaal, my kind pluk Wiskunde nadat ek hom sien leer het dag na dag, nag na nag. Ekstra hulp is ook ingewin want blykbaar verstaan die juffrou self nie die vak so lekker nie en moet gereeld by die juffrou langsaan gaan vra om te verduidelik.
Mag ek my skoolgeld terug vra of weerhou volgende jaar totdat ‘n eindproduk wat voldoen aan die standaard gelewer kan word?
Terloops, hulle weerhou nie, hulle vertraag net die verkryging van Raporte…

Humbug ·

@schalla. Weet van n ma wat Se kind in gr6 is vlg jaar wat nog geen sent skoolgeld betaal het nie en hier sukkel van ons I’m maand Na maand te betaal en niks word aan haar gese of iets nie. Hoe nou?

Potties ·

Wat van Limpopo. Gister het ek n kind gehelp met R250 want hulle wou nie sy raport gee nie …….

Stef ·

Skoolgelde in Kwintiel 4 en 5 skole is verpligtend en word deur die ouers aanvaar op ‘n begrotings vergadering wat gewoonlik in November elke jaar gehou word. Skole gelde is ‘n statutêre verpligting wat deur die wet voorgeskryf word en ouers is verplig om dit te betaal, Indien ouers agv finansiële omstandighede , nie skool gelde kan betaal nie kan die ouers in terme van die voorskrif in die wet aansoek doen om vermindering en of Vrystelling van skool gelde. Dit word deur die Beheerliggaam ondersoek en as dit verdienstelike gevalle is word dit toegestaan. Let wel Skoolgelde is en kan ook nie onder skulberading geplaas word nie.

Se maar net ·

@ Stef. Ek stem 100% saam met jou stelling. Die problem is dat as daar sulke vergaderings gehou word ouers nie belangstel om op te daag nie. Die ouers wat wel daar is is gewoonlik die wat alle gelde op datum betaal.

Hanna Hoekom ·

Ek het begrip vir ouers wat n finansiele terugslag beleef het. Die skole het egter goedkoper pakette beskikbaar, maar ouers moet ook hul deel doen deur n afspraak te reel en aansoek te gaan doen. Moenie bloot ophou skoolfonds betaal nie. Ons wat wel kan betaal, moet op die ou einde ook maar vir hierdie kinders se skoolfonds ook opdok. En van ons trek finansieel swaar! Ek werk saam met n vrou wat haar drie kinders in n voormalige model C skool ingeskryf het en na twee maande doodeenvoudig net ophou skoolgeld betaal het. Loop en spog nogals by kollegas oor hoe niemand haar kinders “uit die skool sal sit nie”. Het blykbaar die ras-kaart uitgeruk toe die skool haar oor die skoolfonds aangespreek het. Spog ook daaroor. Die einste gesin sit elke maand einde in die Spur en verder koop sy net wegneem etes by die werk. Meeste van ons kan dit glad nie bekostig nie! Met sulke mense het ek n hengse probleem!

Francois le Cochon ·

Skole openbaar nie die skoolgeld afslag wetgewing (Staatskoerant 29311 van 18 Okt 2006) aan ouers nie. Gevolglik betaal ouers wat volgens wetgewing afslag moet kry, die volle skoolgeld. Met skoolgeld van bv. R20 000.00 per jaar, kwalifiseer ouers wat gesamentlik minder as R570,000.00 verdien, vir afslag. Verder is enige verpligte finansiele bydrae soos boeke, bykomende sportlkere, ekstra vakke (soos musiek en kuns) ook gesien as skoolgeld. Met R20,000.00 pj skoolgeld en R3000,00.00 pj as bykomend, is skoolgeld dan R23,000.00, en kwalifiseer ouers dan wat minder as R660,000.00 pj verdien vir afslag. Die formule word verduidelik in Staatskoerant 29311. Aansoek is ook terugwerkend. Skoolhoofde word deur die wet verplig om elke jaar die wetlike aansoekvorm aan elke ouer te gee. ‘n Skool MAG NIE hul eie aansoekvorms gebruik nie, die wet maak nie voorsiening daarvoor nie.

Francois le Cockon ·

‘n Skool mag wel bykomende inligting aanvra nadat die ouer die wetlike aansoek ingedien het. Hierdie bykomende inligting word beperk tot slegs ouers se inkomste. ‘n Skool MAG NIE bykomende inligting aanvra wat te doen het met ‘n ouer se bates of lewensstyl .

@Stef ·

Daar is ‘n spesifieke formule wat gebruik word om te bereken of ‘n ouer kwalifiseer vir vrystelling / gedeeltelike vrystelling. Hierdie formule is soos volg: Jaarlikse skoolgeld gedeel deur die ouers se gesamentlike BRUTO inkomste maal met ‘n honderd. Dan word daar op die lys gekyk in watter persentasie kategorie die ouers val en daarvolgens word die afslag toegestaan. In al die jare wat ek hierdie aansoeke verwerk het is daar nie een keer gekyk na die ouers se uitgawes nie aangesien daar nie in die formule voorsiening gemaak word daarvoor nie. Nog iets wat skole lief is om te doen is ‘n spertyd gee vir vrystellingsaansoeke. Dit is ook teenstrydig met die skolewet – ouers kan nog teen die einde van die jaar ook aansoek doen daarvoor. Om glad nie te kwalifiseer vir enige korting nie moet die ouers se salaris per maand regtig baie hoog wees, meeste van ons middelklas mense kwalifiseer defnitief vir ten minste gedeeltelike vrystelling soos deur die skolewet bepaal.

Genieve ·

Ek vra net..Nou wat is die rapport met die skoolgelde te doen,

Interessant ·

Net ‘n opmerking…ook vir privaatskole soos die berig sê? Maar hoe dan nou? Dis tog jou keuse om jou kind in ‘n privaatskool te sit…geen betaling, geen produk? Ek vermoed die Universiteite (meeste semi-staat), is dan volgende. Op die oomblik weerhou hulle punte indien die stelsel sê ‘financially unsuitable’. My vraag is – wie gaan daardie onderwysers by die privaatskole en dosente aan tersiêre instellings betaal – die staat? Erg belaglik.

Suzi ·

Skoolgelde word gebruik om onderwysers se salarisse te betaal nie al die onderwysers is Departementposte nie. In ‘n Laerskool van 12 onderwysers is die kans baie groot dat daar net 2 departementposte is so vir 10 onderwysers moet die Beheerliggaam skoolfondse gebruik om hulle 12 maande se salaris en bonus te betaal?

Ina Cronje ·

Schalla – kan die kinders dalk gou die rapport lees en weer teruggee vir die skoolhoof? – Net ‘n grappie hoor – ek sou met graagte al my rapporte wou teruggee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.